Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026
This week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...
Die ‘fikses’ het nou wel nie by Groeneweide regtig ‘ge-wheely’ nie - sommiges het ‘ge-sprint’, party gedraf en ander net gestap, maar alles vir dieselfde goeie doel: The Wheelie Bunch. Manie Veldman, stigter van The Wheelie Bunch, het ontspanne in sy rolstoel gesit en verduidelik waaroor alles gaan. “Dit is ons tweede byeenkoms hier by Groeneweide en ek glo dit gaan selfs meer suksesvol as Maartmaand se byeenkoms wees.” Die geleentheid is vir Disability Awareness Day gereël en is op Maandag, 16 Desember 2024 aangebied.
Eers was dit litte losmaak met rek-en-strek oefeninge, terwyl die gestremdes dié spulletjie sit en dophou het. Die dapper stappers/-drawwers het onder lekker applous vir die 5km se draf/stap weggespring as deel van hulle vrywillige deelname ten bate van The Wheelie Bunch. Ingesluit by die groep was Gans-Berg Nuus, wat ‘n hoofborg en ook ondersteuner is, se eienaar, Michelle van Zyl en Alethea Baytopp - die ander personeellid is verwagtend en kon nie stap nie, met die joernalis wat, nouja, kom ons sê maar, te besig was met onderhoude om te kon saamstap!
Intussen het Manie en sy regterhand-eggenote, Elsie, met die beplande program aangegaan. Past Frank Janssen het die byeenkoms met gebed geopen en ook sy persoonlike getuienis gelewer. Manie het almal welkom geheet, met spesiale verwysing na die ‘spesiale’ gaste - gestremdes vir wie die dag gereël is. “Ons doelwit met vandag se byeenkoms is om vrywilliglik fondse en noodsaaklike hulpmiddels vir ons omgewing se gestremdes te bekom,” het hy gesê.
Manie het Sherene van der Merwe van iMed Africa as gasspreker genooi wat op spesifieke programme, vir onder andere gestremdes, fokus. Sy het ook die praktiese toepassing daarvan uitgelig. Sherene ‘n vrywilliger by iMed Africa, Charlotte Hutchinson, ‘n Dermatoloog van Duitsland, genooi vir ‘n aaanbieding. Charlotte het op die belangrikheid van velversorging gefokus - “’n Gesonde vel huisves ‘n gesonde liggaam!”
Navrae kan aan Manie Veldman by 078 394 8708 gerig word, of stuur ‘n epos aan manieveldman3@gmail.com.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThis week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...
The recent edition of Gans-Berg Nuus / News reports on the ongoing wildfire crisis...
The famous Six Gun Grill Trans Agulhas Challenge once again brought adventure to our coastline...
The 2 January 2026 edition of Gans-Berg News covers key environmental, community, and regional developments...
Read the latest Gans-berg News Newspaper here.
Read more in the latest edition of the Gans-berg Nuus.