Gans-Berg News - 30 January 2026 Edition
Gans-Berg News - 30 January 2026 edition.
herinwyding van historiese naambord
‘Hawe van God se Genade’
Die herinwyding van die historiese naambord in Gansbaai hawe, ‘Hawe van God se Genade’, met die vuurtoring- en kruislogo, was die ideale voorloper vir vanjaar se Vissermans Dankdiens op Sondag, 15 Desember 2024. Dogs of War, Gansbaai se motorfietsers met die omgee-harte, het die ‘nuwe’ naambord se ontwerp en opsit geborg - splinternuut. Die motorfietsers het met hul kenmerkende gedreun die hawe stadig binnegery - byna soos vir ‘n plegtige gebeurtenis, wat dit inderdaad was.
Peter Mannie Groenewald, afgetrede skipper van die Pelagiese Vissersboot, Wafra van Boetie (Oubol) Wessels en sy eggenote, Marinda, het die eer gehad om die onthulling waar te neem, wat onder groot applous gedoen is - met groot waardering teenoor die Dogs of War.
Die Vissermans Dankdiens (1963-2024), jaarliks deur Gansbaai Marine geborg, is met die gebruiklike samesang van verskeie Afrikaanse en Engelse liedere begin, nadat ds Floors Avenant, oorhoofse organiseerder, die gaste welkom geheet het. Die sangbegeleiers was Annetjie Naude, Maríe Avenant, Anthia de Villiers, Verna Fortuin en Ryan Murtz, wat ook die programkoördineerder was. Na afloop van die gesamentlike sang, het Verna op haar eie ‘n lied, Geen Groter Liefde, gesing. Ruben Lennox, bekende Gansbaai-sanger en kitaarspeler, het voor die aanvang van die dienste die lied, Hawe van God se Genade, wat hy self geskryf het, gesing. Die klankman was Gansbaai se bekende Louwtjie de Witt.
Nadat Norman Sauls die Openingsgebed waargeneem het, is die Afrikaanse en Engelse Evangelie-boodskappe onderskeidelik deur Past Paul J van Rensburg en Rev Davene Vermeulen gebring - altwee het die klem op ‘Dankbaarheid’, met lof en eer teenoor God, geplaas - The joy of our Lord is our strength!
Ds Dirk van Dyk het die voorbidding vir die Vissermanne gedoen en hulle gevra om te staan - dit was ‘n dankgebed, spesiaal vir hulle, met die fokus op: “Niks kan my skei van die Liefde van God nie.” Daarna is die pragtige en bekende “Oorwinningslied” staande deur almal gesing, met past Paul J van Rensburg wat die suksesvolle byeenkoms met die Seëngroet afgesluit het. Die byeenkoms is goed bygewoon, maar die dreigende weer gedurende die dag het wel ‘n invloed op die bywoning gehad. Tog het die weer pragtig uitgedraai, met ds Floors Avenant wat ‘n pluimpie vir sy harde organiseringswerk verdien. Kennis kan nou reeds geneem word van die jaarlikse Vissermans Verootmoedigingsdiens op 12 Januarie 2025 wat ook in Gansbaai hawe aangebied gaan word. Hou die Gans-Berg Nuus dop vir volledige inligting.
En wat sou ‘n Vissermansdiens dan nou wees sonder Oom (Pastoor) Frikkie Zeelie se lekkergoed vir die kinders? Frikkie was weer ‘aan diens’ met die lekkers, maar daar kan gemeld word dat baie van die ontvangers ‘kinders diep in hul jare’ was!
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGans-Berg News - 30 January 2026 edition.
This week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...
The recent edition of Gans-Berg Nuus / News reports on the ongoing wildfire crisis...
The famous Six Gun Grill Trans Agulhas Challenge once again brought adventure to our coastline...
The 2 January 2026 edition of Gans-Berg News covers key environmental, community, and regional developments...
Read the latest Gans-berg News Newspaper here.