Gansbaai Gholfklub
Die trotse wenners van Saterdag, 21 Desember 2024 se Gansbaai Classic Gholfdag se 4BBB Stableford (Preferred Drive)...
“Ons agter-agterkleinkind het die Somer vir ons in Franskraal aangekondig terwyl sy opgewonde op pad see toe was met haar grafie en emmertjie,” het Lambert (Smittie) Smith van Franskraal laat weet. Smittie en sy eggenote, Yvonne, is jarelange inwoners van Franskraal. Die agter-agterkleinkind waarna verwys word, is Milah Bester (amper-2) en die foto van haar op die houtbruggie vertel presies waarom haar groot-grootouers so gesê het.
Milah se ma en pa is Tania (Bester) en Muneeb Galant, en Tania se ouers is Francois en Letitia Bester, met die Smith-egpaar van Franskraal as Milah se groot-grootouers. “Oom Smittie en Tannie Yvonne se huis was een van die eerste huise in hulle straat, toe hulle 30 jaar gelede in Franskraal laat bou het,” vertel Tania. “Hulle het sak en pas Franskraal toe getrek en is vandag een van die trotste inwoners daar.” Tania sê dit beteken dat sy Franskraal en die dorp sien groei het tot waar dit vandag is. “Ons was elke vakansie, en sommer naweke tussen-in, by die see.” Sy is selfs op haar dag as Mej Uilenkraal en Mej Pearly Beach gekroon, terwyl sy ook as Mej Kreefie by Laerskool Gansbaai gekroon is.
“Toe ons nou onlangs weer daar was, wou my ouma net weet of ons die Kerk ondersteun het, met my oupa wat waarsku dat ek versigtig moet ry en die verkeersreëls moet nakom, aangesien Gansbaai se ‘Spietkops’ hulle werk behoorlik doen,” het Tania gesê. Sy vertel ook dat ‘n groot rustigheid haar oorval het toe hulle Franskraal binne ry en sy het sommer weer tuis gevoel - “ek was maar 2 jaar oud toe ons in Franskraal begin vakansie hou het en nou is ek met my eie, amper 2-jarige kind, hier, asook my ander kind, Kiyan,” vertel sy. “Dit voel vir my soos ‘n vol-sirkel wat ek voltooi het om te kan sien hoe my kinders die dorpie net so geniet soos ek dit as kind geniet het.”
“Die dorp is gevul met soveel liefde en omgee en loop oor van vriendelike mense,” sluit Tania haar gesprek met die Gans-Berg Nuus af. “Dankie aan die mense soos my ouma en oupa, wat met trots sê hulle woon in Franskraal, Gansbaai en wat altyd met soveel opgewondenheid vertel oor die dinge wat in die dorp gebeur.”
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreDie trotse wenners van Saterdag, 21 Desember 2024 se Gansbaai Classic Gholfdag se 4BBB Stableford (Preferred Drive)...
‘n Oorsese Toutrektoernooi het uiteindelik vir Janconet Vermeulen van Gansbaai aangebreek...
Die herinwyding van die historiese naambord in Gansbaai hawe, ‘Hawe van God se Genade’, met die vuurtoring- en kruislogo, was die ideale voorloper vir vanjaar...
Die ‘fikses’ het nou wel nie by Groeneweide regtig ‘ge-wheely’ nie - sommiges het ‘ge-sprint’, party gedraf en ander net gestap...
Saterdag, 14 Desember 2024 se Enkel Stableford kompetisie is deur Johan Coetzee, Gans-Berg Nuus se gholfskrywer, met 40 punte ingepalm.
Saterdag, 7 Desember 2024 se boothengelkompetisie van die Birkenhead Boothengelklub was die eerste kompetisie vir 2025...