Blog

Gansbaai Wynproegilde - Stettyn Wynkelder se ‘Top-wyne’

Gansbaai Wynproegilde - Stettyn Wynkelder se ‘Top-wyne’

Gans-Berg Nuus / News

Gansbaai Wynproegilde - Stettyn Wynkelder se ‘Top-wyne’

Gansbaai Wynproegilde se afsluitings-wynproe op Dinsdag, 19 November 2024 in die Great White House restaurant, het met die gilde se Algemene Jaarvergadering gepaard gegaan. Voorsitter Japie Spies het sy Jaarverslag aan die lede voorgehou - ‘n suksesverhaal van voor tot agter, met dank en waardering teenoor Japie vir die passie waarmee hy die leiding geneem het. Marmara de Klerk het oor administratiewe sake terugvoering gegee en Nelleke Ferreira oor die finansies - met groot waardering ook teenoor hulle vir hulle nougesette werk. Die bestaande Bestuur is sonder wysigings eenparig herkies, met elkeen wat ‘n geskenk as blyk van waardering ontvang het.

Stettyn Familie Wynkelder se aanbieders, Annelien Laubser en Mekyla Scholtz, het die aanbieding waargeneem. Dit was Annelien se 3de agtereenvolgende Jaarafsluitingsfunksie waar sy die aanbieder was, met Japie wat haar as ‘n “aanbieder en gasvrou van formaat, hardwerkend en ‘n Buzzy Body” beskryf het. Sy het intussen na Mosselbaai verhuis waar sy die Hoof van Verkope en Logistiek is. Mekyla is Stettyn Wynkelder se ambassadeur en het “tussen Du Toitskloof se wingerde” grootgeword. Die byeenkoms is informeel en gesellig aangebied, sonder formele evaluering van wyne - net met besprekings van die proewyne. “Vanaand drink ons net lekker wyne en verkeer gesellig saam,” het Annalien gesê.

Stettyn se proewyne:

Verwelkomingswyn - Babelki Sparkling Rose Brut, gevolg deur Sauvignon Blanc (2024); Chenin Blanc (2024); Chardonnay Pinot Noir (2024); Pinotage (2023); Cabernet Sauvignon (2023); Shiraz (2023); Guardian (2022 - versnit Shiraz & Cabernet Sauvignon). Die gekroonde ‘Wyn van die Aand’ was Stettyn se Sauvignon Blanc (2024).

Sjef Chris Pead se spyskaart het, soos gewoonlik, nie tekort geskied nie, asook nie die puik bediening deur die span kelners: Voorgereg - Phyllo Parcels; Hoofgereg - Chargrilled Sirloin; Nagereg - Strawberry Baked Alaska.

Dit was ‘n gesellige, saamkuieraand, met 2025 se wynproedatums wat voorgestel en goedgekeur is vir nog ‘n wynproegilde jaar om na uit te sien.

Hardus Botha

Gansbaai Wynproegilde - Stettyn Wynkelder se ‘Top-wyne’

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Catch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.

Gans-Berg News - 20 March 2026

Gans-Berg News - 20 March 2026

This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

This week’s edition covers several important local and international stories. 

Gans-Berg News | 27 February 2026

Gans-Berg News | 27 February 2026

This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.

Gans-Berg News | 20 February 2026

Gans-Berg News | 20 February 2026

Here’s what’s making headlines in our latest edition!