Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026
This week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...
As deel van die Gans-Berg Nuus se geskiedenisblaaie, soos die ‘Dolosverhaal’ en die ‘Boet van Nette’, is ook die 80-jarige bestaan van die Gansbaai NG-gemeente - 1944 tot 2024, van groot belang. Die gemeente het in 1944 van die NG-gemeente in Stanford afgestig en is op 22 November 1944 deur die Ringskommissie in Gansbaai gestig - met 690 lidmate. Vandag is dit ‘n makro-gemeente met ‘n area wat strek vanaf De Kelders deur tot by Pearly Beach en Baardskeerdersbos, insluitend die plaasgemeenskappe.
‘n Gesellige, maar ook geestelike Feesweek, is vanaf Sondag, 17 November 2024 tot Sondag, 24 November 2024 aangebied. Die hoofstroom van aktiwiteite het die volgende ingesluit: Jeugkerssangdiens; 2 bustoere, met SD Fourie as gids wat die toergangers breedvoerig oor Gansbaai se geskiedenis ingelig het; ‘n gesellige ‘Maak ‘n Las’ aand met Gansbaai-stories wat vertel is; ‘n ligte ‘Klassieke-aand met Kaas & Wyn’ deur plaaslike kunstenaars, asook met Jeanine Williams as gaskunstenaar; ‘n spesiale Vrydagmark met Asanti Smit se studente en die Strandveld Boere-orkes; ‘n smaaklike ontbyt wat deur die leraars, ds Willie Kotze en ds Hanri Joubert voorberei is; ‘n oggenddiens deur ‘n voormalige leraar, ds NJ van As; die gewilde Kerssangdiens as die ‘kersie op die koek’.
‘n Spesiale uitgawe van die gemeente se Nuusbrief, Seestrome, is met 80 jaar se kosbare geskiedenis saamgestel en uitgegee.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThis week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...
The recent edition of Gans-Berg Nuus / News reports on the ongoing wildfire crisis...
The famous Six Gun Grill Trans Agulhas Challenge once again brought adventure to our coastline...
The 2 January 2026 edition of Gans-Berg News covers key environmental, community, and regional developments...
Read the latest Gans-berg News Newspaper here.
Read more in the latest edition of the Gans-berg Nuus.