Blog

Bekende Gansbaaiers in motorongeluk

Bekende Gansbaaiers in motorongeluk

Gans-Berg Nuus / News

Bekende Gansbaaiers in motorongeluk

-Flip en Maretha Geldenhuys-

Twee bekende Gansbaaiers sedert 1993, Flip en Maretha Geldenhuys van De Kelders, was op Saterdag, 4 Januarie 2025 in ‘n motorongeluk betrokke. Die egpaar was op Maandag, 6 Januarie 2024 steeds in MediKliniek, Hermanus, met Flip, wat so ernstig beseer is dat hy in die Intensiewe Sorgeenheid (ICU) opgeneem is. Na verneem word is ‘n kind en ‘n passasier in die Toyota Hilux, vermoedelik van Gansbaai of omgewing, ook beseer, maar bevestiging van die erns daarvan kon nie verkry word nie.

Die ongeluk het by die kruising van die Kleinbaaipad, Franskraalweg en Danger Point-pad plaasgevind (oorkant die African Penguin & Seabird Sanctuary). ‘n Beampte van CORE Tactical Services was by die kruising tydens die botsing en moes remme aanslaan om nie ook betrokke te wees nie. “Die botsing het so vinnig gebeur dat daar nie eers remmerke op die pad was nie,” het hy gesê. Hy het bevestig dat die bestuurder van die Toyota Hilux vir ‘n oomblik by die stopteken gestop het, maar dadelik weer weggetrek het - waarskynlik het die bestuurder nie die Geldenhuys-egpaar se motor gesien nie. Hulle was met hulle wit Renault vanaf Gansbaai, rigting Kleinbaai, op pad. CORE se beampte het dadelik die SAPD, ambulansdienste en brandweer ontbied, wat vinnig op die toneel was.

In ‘n telefoniese onderhoud Maandag met die Gans-Berg Nuus het Maretha gesê dat Flip nog sowat 3-4 dae in ICU sal wees. “Hy het ernstige beserings opgedoen, sy arm is gebreek, asook sy ribbes, met ‘n rib wat in die longvlies ingesteek het,” het Maretha gesê. “Hy het ook ernstige snywonde in sy gesig opgedoen, met sy neus wat ook gebreek is, terwyl hy baie kortasem is.” Sy sê die dokter hou hom in ICU om die skade aan sy long te monitor. Sodra hy na ‘n saal oorgeplaas kan word, moet sy arm geopereer word en die dokter wil eers seker maak dat sy longe gereed is vir so ‘n operasie.

Met verwysing na haarself, het Maretha gesê dat sy ernstige kneuswonde opgedoen het en die ligamente in haar nek is erg beskadig. Sy dra ‘n nekstut en die dokter het gesê dit is te gevaarlik vir haar om alleen huis toe te gaan alvorens hy nie met haar nek tevrede is nie. “Onder omstandighede gaan dit egter beter met my, maar ek is bekommerd oor Flip wat steeds baie deurmekaar is,” het sy gesê.

“Wat die gebeure so ironies maak, is dat ons net vanaf De Kelders na OK Foods vir ‘n paar inkopies gery het,” vertel Maretha. “Flip, wat nie meer kan bestuur nie, het gevra ek moet hom na Kleinbaai neem, hy wou graag na die bote gaan kyk!”

Gans-Berg Nuus se Redaksiespan wens die egpaar ‘n volkome herstel toe.

Hardus Botha

Bekende Gansbaaiers in motorongeluk

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Boosmansbos-langstertbosmuis ná 46 Jaar Weer Opgeteken

Boosmansbos-langstertbosmuis ná 46 Jaar Weer...

Elusive Boosmansbos long-tailed forest shrew, Recorded after 46 years for the 1ste time.

Overberg in kollig met Wêreld-Fotografiemaand

Overberg in kollig met Wêreld-Fotografiemaan...

Wêreld Fotografiedag word die afgelope 35 jaar op 19 Augustus wêreldwyd gevier om die dag toe die Daguerrotipe...

Jongboer van die Jaar Finaliste

Jongboer van die Jaar Finaliste

Agri Wes-Kaap is trots om die agt finaliste vir die 2025 Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar-kompetisie aan te kondig...

Gans-Berg Newspaper - 30 May 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 30 May 2025 Edition

Catch up on the latest local news, events, and community highlights from Gans-Berg Nuus - 30 May 2025!

Dames bring Lig en Hoop

Dames bring Lig en Hoop

Vanjaar se L2L (Lighthouse 2 Lighthouse Ladies) se hoofstap vanaf Agulhas Lighuis na Danger Point Lighuis (100km oor 4 dae) was ten bate van Huis Lettie Theron.

A Quarter Centuary of Excellence Marine Dynamics

A Quarter Centuary of Excellence Marine Dynam...

On 10 May 2025, under stormy skies and at the southernmost golf course in Africa, Marine Dynamics marked its 25th anniversary in style.