Gans-Berg News - 20 March 2026
This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...
Herberg aan See Tehuis vir Bejaardes (HaS) is behoorlik bederf so kort voor Kersfees - ‘n Spitbraai, ‘n Kersete en die jaarlikse ‘Skoendoos-projek’ (Santa Box) van Marie de Jager vir die afgelope sowat 6 jaar. “Vanjaar was daar sowat 64 skoendose en ons het ook in die Siekeboeg gaan uitdeel,” het Marie gesê. Die skoendose word met allerlei nuttige geskenkies, toiletware, lekkerruikdingetjies en dies meer gevul.
Kersvader het ‘persoonlik’ die skoendose kom aflaai. Gans-Berg Nuus het vertroulik verneem dat emiritus predikant, Franna Herselman, Kersvader was....Oeps!....O’griet!....Sy naam was nie veronderstel om uitgelap te word nie - nou gaan HaS se inwoners dalk nie meer aan Kersvader glo nie! “So baie dankie uit my hart uit aan almal wat gehelp het, veral die Bietoubos-dames, VLV-dames en die Goue Hande - altyd JA, nooit nee nie!”
Tussendeur was daar koor- en gesamentlike sang onder leiding van Aletta Löchner, voormalige koorafrigter by van die geleenthede, asook Tony Haultzhausen met sy trompetgeskal - met inwoners wat uit volle bors saamgesing het. Die jaarlikse Kersete deur die Goue Hande is eweneens ‘n jaarlikse hoogtepunt en vanjaar is die inwoners ook met ‘n Spitbraai verras!

Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThis week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...
This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...
This week’s edition covers several important local and international stories.
This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.
Here’s what’s making headlines in our latest edition!
Exciting progress is being made on the new Overstrand Medical Centre, with construction expected to be completed by the end of April...