Blog

HaS-bederfies kort voor Kersfees

HaS-bederfies kort voor Kersfees

Gans-Berg Nuus / News

HaS-bederfies kort voor Kersfees

Herberg aan See Tehuis vir Bejaardes (HaS) is behoorlik bederf so kort voor Kersfees - ‘n Spitbraai, ‘n Kersete en die jaarlikse ‘Skoendoos-projek’ (Santa Box) van Marie de Jager vir die afgelope sowat 6 jaar. “Vanjaar was daar sowat 64 skoendose en ons het ook in die Siekeboeg gaan uitdeel,” het Marie gesê. Die skoendose word met allerlei nuttige geskenkies, toiletware, lekkerruikdingetjies en dies meer gevul. 

Kersvader het ‘persoonlik’ die skoendose kom aflaai. Gans-Berg Nuus het vertroulik verneem dat emiritus predikant, Franna Herselman, Kersvader was....Oeps!....O’griet!....Sy naam was nie veronderstel om uitgelap te word nie - nou gaan HaS se inwoners dalk nie meer aan Kersvader glo nie! “So baie dankie uit my hart uit aan almal wat gehelp het, veral die Bietoubos-dames, VLV-dames en die Goue Hande - altyd JA, nooit nee nie!”

Tussendeur was daar koor- en gesamentlike sang onder leiding van Aletta Löchner, voormalige koorafrigter by van die geleenthede, asook Tony Haultzhausen met sy trompetgeskal - met inwoners wat uit volle bors saamgesing het. Die jaarlikse Kersete deur die Goue Hande is eweneens ‘n jaarlikse hoogtepunt en vanjaar is die inwoners ook met ‘n Spitbraai verras! 

Hardus Botha

HaS-bederfies kort voor Kersfees

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Here’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edit...

Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate en resepte

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate e...

Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...