Blog

Botswana SAPD Keer US Dollars Ná 6 Jaar Terug aan Eienaar

Botswana SAPD Keer US Dollars Ná 6 Jaar Terug aan Eienaar

Gans-Berg Nuus / News

Botswana SAPD Keer US Dollars Ná 6 Jaar Terug aan Eienaar

Ná 6 jaar..

Ses jaar gelede, September 2018, is US dollars en Botswana pula’s van Joe en Debbie Smit van Franskraal in Botswana gesteel - ses jaar later is die geld in sy bankrekening inbetaal as gevolg van Botswana SAPD-lede wat geweier het om die dossier te sluit net omdat dit gewone diefstalsaak was! “Ek het in my hele lewe nog nooit van sulke eerlikheid en vasberadenheid gehoor om ‘n saak opgelos te kry nie!”, vertel Joe.

Hierdie ‘verhaal’ het in September 2018 begin met die Smit-egpaar se toer saam met sy swaer’hulle, Piet en Marianne Venter - onder andere deur Namibië en Botswana. Die toer het sowat 1½ maande geduur. In Botswana aangekom, het hulle in die Moremi Wildreservaat in die sentrale en oostelike gebiede van die Okavango oornag. Die reservaat is sowat 90km vanaf die naaste dorp, Kanana.

“Die volgende oggend was ons gereed om te vertrek toe Debbie sê sy wil net eers badkamers toe gaan,” vertel Joe. “Ek het haar nogal aangejaag om gou te maak en in haar haastigheid vergeet sy toe ons volledige lêer met alle dokumente, paspoorte, US dollars en Botswana pula’s in die badkamers.” Onbewus van die skade, het hulle die bospad aangedurf en bykans die hele dag aan die 90km gery. Eers by Kanana, tussen 3 en 4 uur die middag, het Debbie besef dat sy die lêer in die badkamers vergeet het. “Ek het byna ‘n hartaanval gekry, nie oor die geld nie, maar oor die paspoorte,” het Joe gesê. “Die kamplek se hekke sluit om ses uur en ek en Piet moes die hele end pad terugjaag, met groot skade aan my voertuig.” ‘n Halfuur voordat die hekke sou sluit, het hulle daar aangekom. Die enigste wag wat aan diens was, het so ewe die lêer vir hulle gaan haal, maar ontken dat daar ‘n koevert met geld in was. “Ek was so dankbaar oor ons paspoorte dat ek nie oor die geld geredeneer het nie en het hom nog ‘n ‘tip’ ook gegee,” vertel Joe. “Ek het wel die diefstal van die geld by die polisie aangemeld.”

“Na sowat 3 maande tuis, kry ek ‘n oproep van die polisie vanuit Botswana,” vertel Joe. “Die hekwag is gearresteer en die dollars is teruggekry, maar die pula’s het hy spandeer.” Toe hy die dollars wou gebruik, is die polisie geskakel en is hy gearresteer. Die Botswana regering is baie streng oor die besit van dollars deur plaaslike inwoners. Indien bewys van die dollars se oorsprong nie gelewer kan word nie, word die persoon summier gearresteer.

Die SAPD wou Joe vir die hofsaak na Botswana laat vlieg en ook om sy dollars aan hom terug te gee. “Ek het die geld reeds afgeskryf en julle kan dit gebruik vir ‘n gesellige braai of funksie vir die beamptes se eerlikheid,” het Joe hulle meegedeel. Sy aanbod is geweier, aangesien dit nie toelaatbaar is nie en hy is gevra om sy bankbesonderhede aan hulle te stuur. ‘n Paar maande later ontvang hy weer ‘n oproep om hom mee te deel dat hulle nie die dollars in die bank in Botswana na hom kan oorbetaal nie. Gedurende die daaropvolgende 6 jaar is Joe van tyd tot tyd geskakel oor die dollars en steeds wou hulle dit nie as ‘n geskenk aanvaar nie.

In Desember 2024, 6 jaar later, ontvang Joe weer oproep van Kapt Legiso wat sê hy is nou in Kimberley en kan dus nou die dollars inbetaal. “Ek was stomgeslaan en het my aanbod herhaal dat hulle die geld kan hou,” vertel Joe. Na nog oproepe, asook na Joe se swaer, het hy toe maar sy bankbesonderhede verskaf. “Ek kon dit nie glo nie, maar 4 ure later is die geld in my bankrekening inbetaal - ná 6 jaar,” het Joe gesê.

“Ek het groot respek vir hulle oor die feit dat ‘n gewone diefstalsaak se dossier nie gesluit is nie en dat hulle eenvoudig vasberade aangehou het om die geld aan my terug te besorg,” het Joe vol bewondering gesê.

Hardus Botha

Botswana SAPD Keer US Dollars Ná 6 Jaar Terug aan Eienaar

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Geagte Franskraal Kunstenaars, Overstrand Munisipaliteit en Gemeenskap

Geagte Franskraal Kunstenaars, Overstrand Mun...

Saterdag, 26 April 2025 kan as 'n enorme sukses vir die 4deToeks Moore Ope Jukskeidag beskou word...

Ons Verpleegsters verdien 'n groot applous

Ons Verpleegsters verdien 'n groot applous

Meimaand is tradisioneel Verpleegstersmaand.

Afrikaans se 100-jarige Feesviering

Afrikaans se 100-jarige Feesviering

Op 8 Mei 2025 sal dit presies 100 jaar wees sedert Afrikaans 'n amptelike taal van Suid-Afrika geword het...

Grusame motorongeluk eis 3 kinderlewens

Grusame motorongeluk eis 3 kinderlewens

'n Grusame motorongeluk op die R43 naby Stanford op 1 Mei 2025 om 11:48, het die lewens van drie kinders geëis...

Brand laat gesin Haweloos

Brand laat gesin Haweloos

Die huis in Kleinbaai, wat binne sowat 20 minute tot op die grond afgebrand het, met letterlik niks wat oorgebly het nie...

Poegie-uitdaging se Donasies Groei

Poegie-uitdaging se Donasies Groei

Lees meer oor 'Die Poegie-uitdaging' wat deur Manny de Bruyn van TMS Bouers en sy gedugte en 'manmoedige' spanmaats gaan aanpak!