Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition
Here’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.
Mooi visse ondanks warm seewater.
Overberg Kushengelklub se hengelaars het op Saterdag, 11 Januarie 2025 met hulle eerste hengelkompetisie vir 2025 afgeskop. “Die gesoute hengelaars was nie baie hoopvol vir goeie vangste nie as gevolg van die warm seewater,” vertel Alba Tredoux van die klub. “Nogtans is ‘n ou grote of wat kant toe gebring.”
‘n Totaal van 40kg vis (Catch & Release) is gevang, met Thys Kemp van De Kelders wat man-alleen 22kg daarvan gevang het - “Thys, jou ou doring!” Johnny Hanekom het ‘n totaal van 5kg ingeweeg en Melchi Botha 4kg. Dit is die klub se beleid om op die beginsel van ‘Catch & Release’ te hengel - die visse word net geweeg, gemeet en bewonder en dan terug see toe met hulle.
Elba sê dit was nogtans lieflike see-weer, totdat die windjie begin stoot het. “Ons is werklik bevoorreg om nog die ongereptheid van ons kuslyn so te kan geniet, selfs al is die vis aan die skaars kant,” het sy gesê. “Miskien is party van ons nog net hengelaars en nog nie vissermanne nie!”, het sy met die tong-in-die-kies bygevoeg. “Soos gewoonlik was die aand se saamkuier ‘n fees en opnuut weer ‘n geleentheid om die vriendskapsbande te verstewig,” vertel sy. “Ons gereelde Musiekfabriek maak natuurlik ‘n groot deel uit van die aand se vrolikheid, dít, tesame met ‘n smaaklike ete!”
Elba nooi graag almal met ‘n liefde vir die see en hengel uit om by die Klub aan te sluit. Dit is dan ook ‘n gulde geleentheid om nuwe mense met ‘n gedeelde passie te ontmoet, het sy bygevoeg. “Geleenthede soos hierdie is moeilik om aan te bied sonder ons gereelde borge vir wie ons baie dankie sê: Kuslangs Restaurant, Gansbaai Vismark, Battery Centre (Kuilsriver), Fish Fever en Buitesteen Pub and Grill en hulle kan gerus ondersteun word,” het Elba afgesluit.
Overstrand Kushengelklub se volgende hengelkompetisie is vir die naweek van 8 Februarie 2025 geskeduleer.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreHere’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.
Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!
This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.
This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.
From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...
Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...