Blog

Besonderse Doopgeleentheid

Besonderse Doopgeleentheid

Gans-Berg Nuus / News

Besonderse Doopgeleentheid

Sondag, 5 Januarie 2025 in die NG-gemeente Gansbaai, is deur ‘n besonderse en spesiale doopgeleentheid gekenmerk. Drie ouerpare het hul kinders gelyktydig laat doop, maar dit is nie waar die ‘besonders’ en ‘spesiaal’ inkom nie. Al drie ouerpare is onderskeidelik voorheen deur ds Dirk van Dyk in die huwelik bevestig - nou het hy die voorreg gesmaak om al drie ouerpare se kindertjies gelyktydig te doop. 

Die ouerpare is: Marnus en Janelle van den Heever (getroud: 16 April 2022); Morné en Suné van Dyk (getroud: 11 Mei 2014); Marlo en Anmarie Lourens (getroud: 3 Maart 2018).

Die 3 dopelinge, in dieselfde volgorde as die ouerpare, is: Ellené Smit (gebore: 23 April 2024); Nico van Dyk (gebore: 2 Maart 2020); Aldo Lourens (gebore: 12 November 2024).

“Dit was vir my ‘n besonderse voorreg om hierdie drie kindertjies vandag te kon doop,” het ds Dirk van Dyk gesê. “Des te meer omdat ek al drie die ouerpare in die huwelik bevestig het.” Klein Ellené Smit se oupa en ouma, Henk en Eljoh Smit, is bekendes in die gemeente, met Henk wat ‘n ouderling is en Eljoh wat die finansies in die kerkkantoor behartig.

Die Gans-Berg Nuus wens al drie ouerpare, asook vir Ds Dirk van Dyk, geluk met ‘n besonderse doopgeleentheid.

Hardus Botha

Besonderse Doopgeleentheid

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News - 20 March 2026

Gans-Berg News - 20 March 2026

This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

This week’s edition covers several important local and international stories. 

Gans-Berg News | 27 February 2026

Gans-Berg News | 27 February 2026

This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.

Gans-Berg News | 20 February 2026

Gans-Berg News | 20 February 2026

Here’s what’s making headlines in our latest edition!

Gans-Berg News | 13 February 2026

Gans-Berg News | 13 February 2026

Exciting progress is being made on the new Overstrand Medical Centre, with construction expected to be completed by the end of April...