Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026
This week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...
Sondag, 5 Januarie 2025 in die NG-gemeente Gansbaai, is deur ‘n besonderse en spesiale doopgeleentheid gekenmerk. Drie ouerpare het hul kinders gelyktydig laat doop, maar dit is nie waar die ‘besonders’ en ‘spesiaal’ inkom nie. Al drie ouerpare is onderskeidelik voorheen deur ds Dirk van Dyk in die huwelik bevestig - nou het hy die voorreg gesmaak om al drie ouerpare se kindertjies gelyktydig te doop.
Die ouerpare is: Marnus en Janelle van den Heever (getroud: 16 April 2022); Morné en Suné van Dyk (getroud: 11 Mei 2014); Marlo en Anmarie Lourens (getroud: 3 Maart 2018).
Die 3 dopelinge, in dieselfde volgorde as die ouerpare, is: Ellené Smit (gebore: 23 April 2024); Nico van Dyk (gebore: 2 Maart 2020); Aldo Lourens (gebore: 12 November 2024).
“Dit was vir my ‘n besonderse voorreg om hierdie drie kindertjies vandag te kon doop,” het ds Dirk van Dyk gesê. “Des te meer omdat ek al drie die ouerpare in die huwelik bevestig het.” Klein Ellené Smit se oupa en ouma, Henk en Eljoh Smit, is bekendes in die gemeente, met Henk wat ‘n ouderling is en Eljoh wat die finansies in die kerkkantoor behartig.
Die Gans-Berg Nuus wens al drie ouerpare, asook vir Ds Dirk van Dyk, geluk met ‘n besonderse doopgeleentheid.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThis week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...
The recent edition of Gans-Berg Nuus / News reports on the ongoing wildfire crisis...
The famous Six Gun Grill Trans Agulhas Challenge once again brought adventure to our coastline...
The 2 January 2026 edition of Gans-Berg News covers key environmental, community, and regional developments...
Read the latest Gans-berg News Newspaper here.
Read more in the latest edition of the Gans-berg Nuus.