Blog

Besonderse Doopgeleentheid

Besonderse Doopgeleentheid

Gans-Berg Nuus / News

Besonderse Doopgeleentheid

Sondag, 5 Januarie 2025 in die NG-gemeente Gansbaai, is deur ‘n besonderse en spesiale doopgeleentheid gekenmerk. Drie ouerpare het hul kinders gelyktydig laat doop, maar dit is nie waar die ‘besonders’ en ‘spesiaal’ inkom nie. Al drie ouerpare is onderskeidelik voorheen deur ds Dirk van Dyk in die huwelik bevestig - nou het hy die voorreg gesmaak om al drie ouerpare se kindertjies gelyktydig te doop. 

Die ouerpare is: Marnus en Janelle van den Heever (getroud: 16 April 2022); Morné en Suné van Dyk (getroud: 11 Mei 2014); Marlo en Anmarie Lourens (getroud: 3 Maart 2018).

Die 3 dopelinge, in dieselfde volgorde as die ouerpare, is: Ellené Smit (gebore: 23 April 2024); Nico van Dyk (gebore: 2 Maart 2020); Aldo Lourens (gebore: 12 November 2024).

“Dit was vir my ‘n besonderse voorreg om hierdie drie kindertjies vandag te kon doop,” het ds Dirk van Dyk gesê. “Des te meer omdat ek al drie die ouerpare in die huwelik bevestig het.” Klein Ellené Smit se oupa en ouma, Henk en Eljoh Smit, is bekendes in die gemeente, met Henk wat ‘n ouderling is en Eljoh wat die finansies in die kerkkantoor behartig.

Die Gans-Berg Nuus wens al drie ouerpare, asook vir Ds Dirk van Dyk, geluk met ‘n besonderse doopgeleentheid.

Hardus Botha

Besonderse Doopgeleentheid

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News - 14 October 2026

Gans-Berg News - 14 October 2026

This week's edition of Gans-Berg Nuus / News features the restoration of the iconic Gansbaai sign...

Gans-Berg News - 9 October 2026

Gans-Berg News - 9 October 2026

This week’s local news.

Gans-Berg Nuus / News Newspaper: 2 October 2026

Gans-Berg Nuus / News Newspaper: 2 October 20...

This week’s Gans-Berg Nuus / News brings together stories from across Gansbaai and the surrounding communities.

Gans-Berg Nuus / News Newspaper: 25 September 2026

Gans-Berg Nuus / News Newspaper: 25 September...

Check out the latest edition of the Gans-Berg Nuus / News here.

Gans-Berg Nuus / News - 18 September 2026

Gans-Berg Nuus / News - 18 September 2026

This week’s issue brings you local news, community stories and events from across the Gansbaai and Overberg area.

Gans-Berg Nuus / News - 11 September 2026

Gans-Berg Nuus / News - 11 September 2026

This week’s issue brings you local stories from across the community, including Laerskool Gansbaai’s 120th anniversary celebrations...