OK Foods se alombekende Elsabé tree af...ná 22 jaar

OK Foods se alombekende Elsabé tree af...ná 22 jaar

Gans-Berg Nuus / News

OK Foods se alombekende Elsabé tree af...ná 22 jaar

Image

“Dit is die eerste keer sedert Gansbaai OK Foods se opening wat ‘n personeellid werk tot en met sy/haar aftrede,” het Chris van Rensburg, eienaar van OK Foods, vir Elsabé Wolfaardt (60) tydens ‘n afskeidsgeleentheid gesê. Elsabé, ‘n bekende personeellid tussen die vrugte- en groenterakke, het ná sowat 22 jaar afgetree - “nou gaan ek net rus en rus en daarna besluit of daar iets is wat ek wil aanpak om myself mee besig te hou,” het Elsabé die Gans-Berg Nuus meegedeel. “Ek dra graag my opregte dank en waardering oor aan mnr Van Rensburg vir soveel wonderlike en gelukkige jare wat ek vir hom kon werk.”

Elsabé werk sedert OK Foods se opening daar - aanvanklik as kassier, maar die grootste deel van haar 22 jaar is sy die bekende en vriendelike gesig tussen die groente- en vrugterakke. OK Foods se kliënte, asook besoekers, sal haar sonder twyfel baie mis - veral vir haar spontane laggie, glimlagte en hulpvaardigheid, met gereelde komplimente teenoor haar. Haar oop gemoed vir humor was altyd opvallend. Dit is nou onder andere wanneer skrywer hiervan haar op ‘n gereelde basis ‘uitgetrap’ het omdat die piesangs nie mooi ‘in gelid’ lê nie. Wanneer hy water uit die watertenk tap, staan sy byvoorbaat nader met die mop, “want ek wéét sommer oom gaan water op die vloer mors!”

Elsabé is op 23 Januarie 1965 gebore en het onderskeidelik in die Vrystaat en Gauteng grootgeword. Op 18-jarige ouderdom het haar ouers in 1983 na De Kelders, Gansbaai, verhuis. Onder die ouer garde het hulle geen bekendstelling nodig nie - almal het van Oom Pine en Tannie Beryll Pienaar geweet, twee geliefde en gemeenskapsbetrokke inwoners vir baie jare, wat onderskeidelik 10- en 8 jaar gelede oorlede is.

image left

Elsabé en Anton is op 23 Januarie (haar verjaarsdag) 1999 in die huwelik bevestig. Anton was vir 21 jaar in die sekuriteitsbedryf totdat hy sy nek en rug in ‘n ongeluk beseer het. Die egpaar het twee dogters, Bianca (30), ‘n onderwyser wat met Gys Rademeyer getroud is en hulle het ‘n dogtertjie, Suretha (1½). Dan is daar Goldien (22) wat by Anton en Elsabé aan huis woon en bedags aanlynklasse aan Chinese gee. Altwee dogters beskik oor Universiteits-kwalifikasies wat, ondanks die Wolfaardt’s se moeilike persoonlike omstandighede van vroeër, behaal is.

Elsabé is baie trots op haar geraamde sertifikaat: ‘Proudly presented to Elsabé Wolfaardt inrecognition of your exceptional teamwork at OK Foods, Gansbaai - Your commitment to excellence has been truly inspiring.’

Die Redaksie van die Gans-Berg Nuus dra graag hul beste wense aan Elsabé oor vir ‘n gelukkige aftrede saam met Anton.

Hardus Botha

OK Foods se alombekende Elsabé tree af...ná 22 jaar

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News - 30 January 2026 Edition

Gans-Berg News - 30 January 2026 Edition

Gans-Berg News - 30 January 2026 edition.

Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026

Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026

This week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...

Gans-Berg Nuus - 16 January 2026

Gans-Berg Nuus - 16 January 2026

The recent edition of Gans-Berg Nuus / News reports on the ongoing wildfire crisis...

Gans-Berg Nuus - 9 January 2026

Gans-Berg Nuus - 9 January 2026

The famous Six Gun Grill Trans Agulhas Challenge once again brought adventure to our coastline...

Gans-Berg Nuus / News - 2 January 2026

Gans-Berg Nuus / News - 2 January 2026

The 2 January 2026 edition of Gans-Berg News covers key environmental, community, and regional developments...

Gans-Berg News | 19 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 19 December 2025 Edition

Read the latest Gans-berg News Newspaper here.