Blog

Jaarlikse Rolbal Besigheidsliga

Jaarlikse Rolbal Besigheidsliga

Gans-Berg Nuus / News

Jaarlikse Rolbal Besigheidsliga

Met 2025 wat reeds goed aan die gang is, is dit ook weer tyd vir die jaarlikse en gewilde Rolbal Besigheidsliga, aangebied deur Franskraal Rolbalklub. Die eerste wedstryd sou op Dinsdag, 14 Januarie 2025 plaasgevind het, maar weens omgekrapte weersomstandighede is dit na Donderdag, 16 Januarie 2025 verskuif.

“24 spanne het vanjaar ingeskryf, die meeste gedurende die afgelope 2 jaar,” vertel Johan Wiese van die rolbalklub. “Ons is baie dankbaar vir almal wat ingeskryf het en die eerste aand het in ‘n baie goeie gees afgeskop, met almal wat dit terdeë geniet het.”

Die deelnemende spanne speel elke Dinddagaand vir die volgende 6 Dinsdagaande. Die finale kompetisie tussen ons besighede sal op Dinsdag, 18 Februarie 2025 plaasvind.

Die 24 spanne wat op Donderdag, 16 Januarie 2025 vir die Rolbal Besigheidsliga ingeskryf het, is:
BAS Concrete Products, Birkenhead Bootklub A, Birkenhead Bootklub B, Braai Buddies, Build It A, Build It B, Burmar, Chas Everitt, Computer Hut A, Computer Hut B, Dynova, ERS, Gansbaai
Superspar, Gholfklub A, Gholfklub B, Hydraberg, Kleinbaai One Stop, Lomond Wines, Overberg Trussers, Overstrand Meubels, SAPD, Sizisa Ukhanyo Trading, Suidsee en Uilkraal Buurtwag.

Die Gans-Berg Nuus wens ons besigheids-rolbalspanne sterkte toe met die Rolbal Besigheidsliga - mag die beste span wen, maar deelname en die bou van onderlinge vriendskapsbande, is belangriker as wen!

Hardus Botha

Image 1
Image 2
Jaarlikse Rolbal Besigheidsliga

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News - 20 March 2026

Gans-Berg News - 20 March 2026

This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

This week’s edition covers several important local and international stories. 

Gans-Berg News | 27 February 2026

Gans-Berg News | 27 February 2026

This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.

Gans-Berg News | 20 February 2026

Gans-Berg News | 20 February 2026

Here’s what’s making headlines in our latest edition!

Gans-Berg News | 13 February 2026

Gans-Berg News | 13 February 2026

Exciting progress is being made on the new Overstrand Medical Centre, with construction expected to be completed by the end of April...