Blog

Jaarlikse Rolbal Besigheidsliga

Jaarlikse Rolbal Besigheidsliga

Gans-Berg Nuus / News

Jaarlikse Rolbal Besigheidsliga

Met 2025 wat reeds goed aan die gang is, is dit ook weer tyd vir die jaarlikse en gewilde Rolbal Besigheidsliga, aangebied deur Franskraal Rolbalklub. Die eerste wedstryd sou op Dinsdag, 14 Januarie 2025 plaasgevind het, maar weens omgekrapte weersomstandighede is dit na Donderdag, 16 Januarie 2025 verskuif.

“24 spanne het vanjaar ingeskryf, die meeste gedurende die afgelope 2 jaar,” vertel Johan Wiese van die rolbalklub. “Ons is baie dankbaar vir almal wat ingeskryf het en die eerste aand het in ‘n baie goeie gees afgeskop, met almal wat dit terdeë geniet het.”

Die deelnemende spanne speel elke Dinddagaand vir die volgende 6 Dinsdagaande. Die finale kompetisie tussen ons besighede sal op Dinsdag, 18 Februarie 2025 plaasvind.

Die 24 spanne wat op Donderdag, 16 Januarie 2025 vir die Rolbal Besigheidsliga ingeskryf het, is:
BAS Concrete Products, Birkenhead Bootklub A, Birkenhead Bootklub B, Braai Buddies, Build It A, Build It B, Burmar, Chas Everitt, Computer Hut A, Computer Hut B, Dynova, ERS, Gansbaai
Superspar, Gholfklub A, Gholfklub B, Hydraberg, Kleinbaai One Stop, Lomond Wines, Overberg Trussers, Overstrand Meubels, SAPD, Sizisa Ukhanyo Trading, Suidsee en Uilkraal Buurtwag.

Die Gans-Berg Nuus wens ons besigheids-rolbalspanne sterkte toe met die Rolbal Besigheidsliga - mag die beste span wen, maar deelname en die bou van onderlinge vriendskapsbande, is belangriker as wen!

Hardus Botha

Image 1
Image 2
Jaarlikse Rolbal Besigheidsliga

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Here’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edit...

Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate en resepte

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate e...

Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...