Gans-Berg Nuus / News - 19 June 2026 Edition
The latest edition of Gans-Berg News is out now!
Met 2025 wat reeds goed aan die gang is, is dit ook weer tyd vir die jaarlikse en gewilde Rolbal Besigheidsliga, aangebied deur Franskraal Rolbalklub. Die eerste wedstryd sou op Dinsdag, 14 Januarie 2025 plaasgevind het, maar weens omgekrapte weersomstandighede is dit na Donderdag, 16 Januarie 2025 verskuif.
“24 spanne het vanjaar ingeskryf, die meeste gedurende die afgelope 2 jaar,” vertel Johan Wiese van die rolbalklub. “Ons is baie dankbaar vir almal wat ingeskryf het en die eerste aand het in ‘n baie goeie gees afgeskop, met almal wat dit terdeë geniet het.”
Die deelnemende spanne speel elke Dinddagaand vir die volgende 6 Dinsdagaande. Die finale kompetisie tussen ons besighede sal op Dinsdag, 18 Februarie 2025 plaasvind.
Die 24 spanne wat op Donderdag, 16 Januarie 2025 vir die Rolbal Besigheidsliga ingeskryf het, is:
BAS Concrete Products, Birkenhead Bootklub A, Birkenhead Bootklub B, Braai Buddies, Build It A, Build It B, Burmar, Chas Everitt, Computer Hut A, Computer Hut B, Dynova, ERS, Gansbaai
Superspar, Gholfklub A, Gholfklub B, Hydraberg, Kleinbaai One Stop, Lomond Wines, Overberg Trussers, Overstrand Meubels, SAPD, Sizisa Ukhanyo Trading, Suidsee en Uilkraal Buurtwag.
Die Gans-Berg Nuus wens ons besigheids-rolbalspanne sterkte toe met die Rolbal Besigheidsliga - mag die beste span wen, maar deelname en die bou van onderlinge vriendskapsbande, is belangriker as wen!
Hardus Botha


Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThe latest edition of Gans-Berg News is out now!
This week's edition features important community news...
This week's edition is packed with local stories from across the Greater Gansbaai area.
This week’s Gans-Berg Nuus / News shares stories that matter to the community.
This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News is packed with community stories, local achievements and important updates.
From community upliftment to local sport and inspiring personal stories, this edition is packed with heartwarming Overstrand news.