Blog

Birkenhead Boothengelklub

Birkenhead Boothengelklub

Gans-Berg Nuus / News

Birkenhead Boothengelklub

Pragtige 6.75kg witsteenbras

Mooi visse is tydens die Birkenhead Boothengelklub se maandelikse kompetisie op Saterdag, 1 Februarie 2025 gevang - maar die een wat die aandag getrek het, was Johan Southey met sy pragtige wit steenbras van 6.75kg.  Die enigste hengelaar wat sy kwota kon vang, was Philip Fourie - knapgedaan, Philip!  

Dit was maar 'n moeilike oggend met die vis wat eers laat begin byt het, maar die wag was die moeite werd.  Dit was 'n groot verrassing om te sien dat Jean Downing, na 'n lang tyd van afwesigheid, weer aan die kompetisie deelgeneem het - en toe palm hy sommer die 2de Swaarste Bootgemiddeld met sy boot, Releks II, in - welkom terug, Jean.

Kompetisie-uitslae

9 bote het ingeskryf, waarvan al 9 ingeweeg het.  Die totale bemanningslede was 28, waarvan 1 'n dame was wat deelgeneem het.  Die aantal visse (8 spesies) wat ingeweeg is, was 97, met 'n totale massa van 80.35kg.  Die gemiddelde massa per hengelaar was 2.87kg.

Volledige uitslae

Swaarste vis, Johan Southey (wit steenbras, 6.75kg); 2de Swaarste vis, Johan Eloff (geelbek, 3.0kg); Swaarste sak, Johan Southey (9.4kg); 2de Swaarste sak, Philip Fourie (6.45kg); Swaarste bootgemiddeld, WaCa van Carl Dyer (4.93kg); 2de Swaarste bootgemiddeld, Releks II van Jean Downing (3.88kg); Dames swaarste sak, Trix Langley (2.15kg).

Voorlopers

1ste 3 Bootkampioene: 

WaCa van Carl Dyer (17.86kg); GI Joe van Joe Smit (16.63kg); Oupa van Ben Uys (14.43kg). 

1ste 3 Visvangkampioene Mans:

Joe Smit (20.35kg); Philip Fourie (19.80kg); Marinus Kleyn (18.25kg); Derick Petersen (18.05kg), 4de, maar só naby, moet gemeld word.  

Visvangkampioene Dames:

Joey Rademeyer (11.55kg); Trix Langley (5.60kg); Anita Vermeulen (5.49kg).

Visvangkampioene Juniors:

Ruan Langley (7.60kg).

Hardus Botha

Birkenhead Boothengelklub

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026

Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026

This week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...

Gans-Berg Nuus - 16 January 2026

Gans-Berg Nuus - 16 January 2026

The recent edition of Gans-Berg Nuus / News reports on the ongoing wildfire crisis...

Gans-Berg Nuus - 9 January 2026

Gans-Berg Nuus - 9 January 2026

The famous Six Gun Grill Trans Agulhas Challenge once again brought adventure to our coastline...

Gans-Berg Nuus / News - 2 January 2026

Gans-Berg Nuus / News - 2 January 2026

The 2 January 2026 edition of Gans-Berg News covers key environmental, community, and regional developments...

Gans-Berg News | 19 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 19 December 2025 Edition

Read the latest Gans-berg News Newspaper here.

Gans-Berg Nuus / News | 26 December 2025 Edition

Gans-Berg Nuus / News | 26 December 2025 Edit...

Read more in the latest edition of the Gans-berg Nuus.