'Geluk en Gesondheid is ons geboortereg‛

'Geluk en Gesondheid is ons geboortereg‛

Gans-Berg Nuus / News

Image

'Geluk en Gesondheid is ons geboortereg‛

-Dr Arien van der Merwe-

Om 'n onderhoud met dr Arien van der Merwe (MBChB; ASCHP), 'n mediese dokter wat in natuurlike medisyne en Holistic Councelling spesialiseer, te voer, is om te fokus en mooi te luister - haar bekwaamhede strek veel verder as die bietjie wat sy beskeie oor haarself te vertelle het.

Om Arien se besigheidskaartjie onder die loep te neem, is om presies te weet wie sy is, asook om 'n volledige oorsig te kry oor haar passie, bekwaamhede en dienste wat sy lewer: 'Science & Nature in Balance; Holistic Mind-Body-Soul approach; Metabolic Syndrome, High Blood Glucose, High Cholesterol, Hypertension, Insulin Resistance & Weight Control; Sress Solutions; Brain Plasticity; Rhythm Music Aquarobics; Health Books; MP3 Relaxation Audios; Health Products'. 

Arien is as 'n Plaaslike Diensverskaffer by die Overstrandse Munisipaliteit geregistreer en beskik ook oor die nodige lisensiërings-vereistes. Sy doen ook individuele persoonlike en aanlyn-konsultasies en stel lewenstylriglyne voor, na aanleiding van bloedtoetsuitslae wat opgevolg word oor 3 maande om vordering en herstel van fisiologiese funksies te monitor - saam met emosionele ondersteuning, interne balans, raad en praktiese streshanteringstegnieke, wat 2-3 weekliks opgevolg word gedurende die 3 maande. Die keuse bly dié van die kliënt om die proses te aanvaar en heelhartig deel te wees van hy/sy eie helingsproses. 

Sy skryf ook gereelde gesondheidsrubrieke aan tydskrifte en bied motiveringspraatjies aan oor 'n verskeidenheid van onderwerpe binne haar sfeer - aansluitend hierby, bied sy ook werkswinkels oor relevante aspekte van haar werksaamhede aan.

In Gansbaai het Arien reeds by enkele instansies betrokke geraak: Groeneweide (The Green Door) vir gereelde praatjies; die Wheelie Bunch van Manie Veldman en Franskraal Kunsroete. Op Maandag, 27 Januarie 2025 is sy as een van die Loodskomiteelede vir die ondersoek na 'n nuwe Gansbaai Sakekamer genomineer. Die 'sektor' of 'portefulje' wat aan haar opgedra is, is Health & Wellness. Voorts beplan Arien om binnekort konsultasies in dr Helena Hendricks se spreekkamers aan te bied en om haarself metteryd hierdie kant van Walker Bay te vestig.

Arien is sedert 1995, sowat 30 jaar, in die holistiese, integrerende en natuurlike gesondheidsorgbedryf betrokke. Haar visie is eenvoudig: 'To aim for exuberant health and happiness for all through sensible science and nature in balance”. Haar missie laat geen twyfel oor haar passie en doelwitte nie: 'To pursue and inspire a life of abundance through health education and ongoing research and to enhance health and wellbeing through simple but effective practical tips, tools, and techniques - health and happiness are our birthright and diseases do not have to be eradicated, but rather, health must be rediscovered and restored most naturally and gently, to rebalance our innate physiology'.

Besoek gerus Arien se webtuiste hier.

Hardus Botha

'Geluk en Gesondheid is ons geboortereg‛

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edit...

Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate en resepte

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate e...

Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...

Tribute to Colleen Knox

Tribute to Colleen Knox

Colleen Knox was a lovely lady who I met at Lighthouse Tavern restaurant which I had purchased in 2008.