Spekboom in blom

Spekboom in blom

Gans-Berg Nuus / News

image left

Spekboom in blom

In die Gans-Berg Nuus van 22 November 2024 is 'n interessante berig ('Wonderwêreld' van Spekboompies) geplaas - die berig het oor Arnold Schoeman se spekboom-kwekery gehandel.

'n Getroue leser van die Gans-Berg Nuus, Elcine Hulme van Franskraal, het laat weet dat haar en haar eggenoot, Johan, se dogter, Alet Erasmus van Eversdal, Bellville foto's gestuur het van haar pragtige spekboom wat vol in blom is. “Ek het al spekbome in blom gesien, maar nog nie in my kwekery nie,” het Arnold gesê. “Die spekboompie op die foto is werklik besonders.”

In genoemde berig is gemeld dat Arnold sowat 2 000 spekboompies (Portulacaria afra) in sy privaat-kwekery het. Die spekboompies kan vir 'n groot verskeidenheid van gebruike aangewend word en die blaartjies kan selfs geëet word. Spekbome kan ook groot hoeveelhede koolstofdioksied uit die lug opneem en in suurstof en koolstof omskakel.

Dankie aan Alet en Elcine vir die pragtige foto.

Hardus Botha

Spekboom in blom

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Here’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edit...

Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate en resepte

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate e...

Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...