Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition
Here’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.

Die 'Sonvinders' is beslis 'n gepaste naam wat Fanie Bothma van Franskraal vir sy en sy eggenote, Judy, se jarelange vriendekring uitgedink het. Hulle is 'n klein groepie vriende, voorheen almal bekendes van Gansbaai, wat oor jare heen saam kampeer het, 'n kampeerdery wat 'n tradisie geword het - veral teen die middel van Februarie met Valentynsdag.
Die groepie vriende ter sprake is:
*Francois en Deonora de Jong, voormalige eienaars (stigters) van die destydse gedrukte Gansbaai Courant. Die egpaar het sowat 5 jaar gelede na Sedgefield verhuis.
*Pieter en Ans Scholtz, met Pieter wat baie jare by Overstrandse Munisipaliteit in bestuursposte betrokke was, asook die Overstrandse Onderburgemeester. Die egpaar het sowat 11 jaar gelede eers na die Noorde verhuis, maar is nou lank reeds inwoners van Mosselbaai.
*Kobie en Marie van Wyk is eweneens bekende oud-Gansbaaiers. Kobie was die eienaar van die destydse Fine & Country Eiendomme en die egpaar het sowat 11 gelede na Centurion, Pretoria verhuis.
Al vier egpare was aktief in die gemeenskap betrokke en was alombekend in Gansbaai. “Ek en Kobie was aktiewe lede van die destydse Gansbaai Sakekamer, met Pieter wat ook betrokke was en Francois wat via die media ons dryfveer was en ook die gemeenskap en sakelui op hoogte van sake gehou het,” vertel Fanie.
Vanjaar se samesyn is aan Judy te dankie. “Ons was verlede jaar by Francois en Deonora en het onder andere oor ons jaarlikse kampeerdae gesels,” het Fanie gesê. “Net daar besluit Judy dat ons dit vanjaar weer oor Valentynsnaweek moet doen en dat almal in ons huis kan kom 'kampeer' soos voorheen in karavane.” So het die drie egpare 'van buite' op Valentynsdag opgedaag en het die heerlike samesyn soos van ouds sommer in die Bothma-egpaar se huis voortgesit.
“Ons vier toe terselfdertyd sommer almal se verjaarsdae gedurende hierdie tydperk,” het Fanie verduidelik. Meeste van hulle verjaar so rondom Valentynsdag en dan is daar enkeles wat met hierdie verjaarsdae by gelyke getalle uitgekom het: Kobie in Oktober verlede jaar 80 en Marie in November 78; Francois in Maart 74 en Deonora in Desember verlede jaar 70; Fanie in Februarie 73 en Judy in Januarie 70; Pieter in Maart 80 en Ans, wat met hulle aankoms op 14 Februarie, Valentynsdag, haar 75ste verjaarsdag gevier het.
Almal in die vriendekring is die eens dat die kuier die moeite werd en baie gesellig was. Saterdag, 15 Februarie het hulle 'n gesellig piekniek anderkant Pearly Beach langs die see gehou. “Ek het gereël dat ons met 4x4's ry, want ek het gesorg dat ons net bospaadjies en 4x4 roetes volg,” het Fanie gesê. Sondag is hulle na Pearly Beach Bierbrouery vir 'n gesellige en smaaklike middagete. Die De Jongs, Scholtze en van Wyks het gevra dat die Gans-Berg Nuus groete aan al die bekendes in Gansbaai en omgewing sal oordra. Ongelukkig kom alle wonderlike en lekker dinge ook op 'n einde en gedurende Maandag en Dinsdag het die kuiergaste weer huiswaarts gekeer - met getroue onderlinge kontak, soos oor jare heen, wat altyd staande sal bly.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreHere’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.
Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!
This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.
This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.
From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...
Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...