Blog

100ste vir Gielie Genade

100ste vir Gielie Genade

Gans-Berg Nuus / News

100ste vir Gielie Genade

Nee, Gielie Genade (72) het nie 100ste in Saterdag, 15 Februarie 2025 se parkrun geëindig nie - dit was sy 100ste parkrun waaraan hy deelgeneem het! Om by 50 of 100 parkruns uit te kom, is groot gebeurtenisse by Groeneweide parkrun op Saterdae - gelukwense word oorgedra en balonne en 'n vlag word oorhandig - des te meer in die geval van parkrunners wat al effens gevorder in ouderdom is. 

Gielie het al 2 keer in Australië deelgeneem en 3 keer in die Paarl en 'skrik' dus nie vir sy 72-jarige ouderdom nie. Gielie is die eggenoot van Annaleen Genade wat bekend is vir die jaarlikse Borskankerstap wat sy in Franskraal reël. Gansbaai Lions het ook 'n gazebo opgeslaan met sagte kinderspeelgoed wat as geskenkies uitgedeel is - ter ondersteuning van kinderkanker.

Saterdae se parkruns het oor die jare baie gewild geword, maar kan nog beter ondersteun word. Daar is sowat 100+ deelnemers elke Saterdag en 'n aangename, onderlinge sportgees heers tydens elke week se parkrun. Groeneweide parkrun (altyd in klein letters) is op 19 Oktober 2019, 'n raps meer as 6 jaar gelede, amptelik deur die President van parkrun Suid-Afrika, Bruce Fordyce, geopen - met bykans 350 opgewonde parkrunners wat die opening bygewoon het. Die twee 'ysters' aan die roer van sake is Henry en Brigitte Marais.

Hardus Botha

100ste vir Gielie Genade

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News - 20 March 2026

Gans-Berg News - 20 March 2026

This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

This week’s edition covers several important local and international stories. 

Gans-Berg News | 27 February 2026

Gans-Berg News | 27 February 2026

This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.

Gans-Berg News | 20 February 2026

Gans-Berg News | 20 February 2026

Here’s what’s making headlines in our latest edition!

Gans-Berg News | 13 February 2026

Gans-Berg News | 13 February 2026

Exciting progress is being made on the new Overstrand Medical Centre, with construction expected to be completed by the end of April...