Gans-Berg News - 20 March 2026
This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...
“Die gehawende walvis voor Gansbaai DJOLOF Shop oorkant Gansbaai OK Foods pla my al vir die afgelope 15 jaar,” vertel Manny de Bruyn van TMS Bouers laggend. “Toe besluit ek genoeg is genoeg en ek pak die bul (of is dit nou die walvis?) by die horings!”
Manny, wat sê hy is nie 'n kunstenaar nie, het verf en ander benodigdhede gekoop en hy en een van sy werkers, Gift, het aan die werk gespring. Eers moes al die gate en stukkende plekke toegemaak en geseël word - verbygangers het die walvis as vullisblik gebruik met papiere, bottels en sigaretsompies wat in die gate gedruk is (Aitog!). Daarna het die verfwerk gevolg.
Manny het ogies ingeskilder, die pens mooi wit geverf, die wit strepe geverf en sommer die staander waarop die walvis gemonteer is, ook netjies geverf - en siedaar, 'n 'splinternuwe' walvis!
Manny is 'n ou bekende bouer in Gansbaai, met TMS Bouers wat sowat 26 jaar gelede in 1999 gestig is - hy is ook 'n getroue ondersteuner en adverteerder van die Gans-Berg Nuus. Netjiese bouwerk is ook al deur hom by Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes gedoen - waar hy op 'n stadium potjiekos vir die inwoners gemaak het, met 107 mense wat daaraan kon smul! Ons sê baie dankie aan Manny vir sy omgee vir die gemeenskap.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThis week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...
This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...
This week’s edition covers several important local and international stories.
This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.
Here’s what’s making headlines in our latest edition!
Exciting progress is being made on the new Overstrand Medical Centre, with construction expected to be completed by the end of April...