Blog

Franskraal Rolbalklub Besigheidsliga se 2025 Wenners

Franskraal Rolbalklub Besigheidsliga se 2025 Wenners

Gans-Berg Nuus / News

Franskraal Rolbalklub Besigheidsliga se 2025 Wenners

“Na 6 weke se harde, maar gesellige rolbalwedstryde om vir die gewilde Rolbal Besigheidsliga te kompeteer, word die wenners vanaand beloon,” het Kokkie de Kok, Klubkaptein van Franskraal Rolbalklub gesê. 'n Gesellige funksie is vir die spesiale oorhandigings aangebied, met Lani Swart, President, wat die verwelkoming en bedankings gedoen het.

Die wedstryde is op Dinsdagaande gespeel, met die eerste wedstryd wat op Dinsdagaand, 14 Januarie 2025 begin het en die finale wedstryd, saam met die prysuitdelingsfunksie, op Dinsdagaand, 18 Februarie 2025.

Die trotse wenners:

Seksie 1 (Beker) - Birkenhead Bootklub A (1ste), Gholfklub B (2de) en Gholfklub A (3de); Seksie 2 (Plaat) - Birkenhead Bootklub B (1ste); Seksie 3 (Skild) - Braai Buddies (1ste).

Die 24 spanne wat ingeskryf het, het soos volg in die drie kategorieë geëindig:

**Seksie 1 (Beker), 1ste tot 8ste plekke:

Birkenhead Bootklub A, Gholfklub B, Gholfklub A, Suidsee, Dynova, Sizisa Ukhanyo Trading, Computer Hut B en BAS Concrete Products.

**Seksie 2 (Plaat), 1ste tot 8ste plekke:

Birkenhead Bootklub B, SAPD, Kleinbaai One Stop, Hydraberg, Build It A, Burmar Lomond Wines en Overstrand Meubels.

**Seksie 3 (Skild), 1ste tot 8ste plekke:

Braai Buddies, Uilkraal Buurtwag, Overberg Trussers, Computer Hut A, ERS, Chas Everitt, Build It B en Gansbaai Superspar, wat onttrek het.

“Ons is absolute verras met die groot getal inskrywings,” het Kokkie gesê. “Ons dink daaraan om volgende jaar op Dinsdagaande én Donderdagaande te speel, wat sal meebring dat ons dubbel die hoeveelheid spanne sal kan inpas.” Die oorhandigings het met 'n gesellige saamkuier, ingesluit 'n smaaklike ete, gepaardgegaan. Die draai van die gewilde Wiel vir 'n prys, was dié keer vir 'n groot, ingevoerde bottel Whiskey wat deur Chris Punt geskenk is - Lorette Sieg was die gelukkige wenner.

Hardus Botha

Franskraal Rolbalklub Besigheidsliga se 2025 Wenners

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News - 20 March 2026

Gans-Berg News - 20 March 2026

This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

This week’s edition covers several important local and international stories. 

Gans-Berg News | 27 February 2026

Gans-Berg News | 27 February 2026

This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.

Gans-Berg News | 20 February 2026

Gans-Berg News | 20 February 2026

Here’s what’s making headlines in our latest edition!

Gans-Berg News | 13 February 2026

Gans-Berg News | 13 February 2026

Exciting progress is being made on the new Overstrand Medical Centre, with construction expected to be completed by the end of April...