Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edit...
Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!
“Na 6 weke se harde, maar gesellige rolbalwedstryde om vir die gewilde Rolbal Besigheidsliga te kompeteer, word die wenners vanaand beloon,” het Kokkie de Kok, Klubkaptein van Franskraal Rolbalklub gesê. 'n Gesellige funksie is vir die spesiale oorhandigings aangebied, met Lani Swart, President, wat die verwelkoming en bedankings gedoen het.
Die wedstryde is op Dinsdagaande gespeel, met die eerste wedstryd wat op Dinsdagaand, 14 Januarie 2025 begin het en die finale wedstryd, saam met die prysuitdelingsfunksie, op Dinsdagaand, 18 Februarie 2025.
Die trotse wenners:
Seksie 1 (Beker) - Birkenhead Bootklub A (1ste), Gholfklub B (2de) en Gholfklub A (3de); Seksie 2 (Plaat) - Birkenhead Bootklub B (1ste); Seksie 3 (Skild) - Braai Buddies (1ste).
Die 24 spanne wat ingeskryf het, het soos volg in die drie kategorieë geëindig:
**Seksie 1 (Beker), 1ste tot 8ste plekke:
Birkenhead Bootklub A, Gholfklub B, Gholfklub A, Suidsee, Dynova, Sizisa Ukhanyo Trading, Computer Hut B en BAS Concrete Products.
**Seksie 2 (Plaat), 1ste tot 8ste plekke:
Birkenhead Bootklub B, SAPD, Kleinbaai One Stop, Hydraberg, Build It A, Burmar Lomond Wines en Overstrand Meubels.
**Seksie 3 (Skild), 1ste tot 8ste plekke:
Braai Buddies, Uilkraal Buurtwag, Overberg Trussers, Computer Hut A, ERS, Chas Everitt, Build It B en Gansbaai Superspar, wat onttrek het.
“Ons is absolute verras met die groot getal inskrywings,” het Kokkie gesê. “Ons dink daaraan om volgende jaar op Dinsdagaande én Donderdagaande te speel, wat sal meebring dat ons dubbel die hoeveelheid spanne sal kan inpas.” Die oorhandigings het met 'n gesellige saamkuier, ingesluit 'n smaaklike ete, gepaardgegaan. Die draai van die gewilde Wiel vir 'n prys, was dié keer vir 'n groot, ingevoerde bottel Whiskey wat deur Chris Punt geskenk is - Lorette Sieg was die gelukkige wenner.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreCatch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!
This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.
This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.
From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...
Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...
Colleen Knox was a lovely lady who I met at Lighthouse Tavern restaurant which I had purchased in 2008.