Boomplanting vir simbolisering van Kerkeenhei...
Sondag, 25 Mei 2025 was 'n Sending Sondag (Missionaal) wat diep in die harte van die NG- en VG-gemeentes ingekruip het.
Die Poegie-uitdaging wat deur Manny de Bruyn van TMS Bouers en sy gedugte en 'manmoedige' spanmaats aangepak gaan word, is dankbaar vir hulle lys van donateurs wat gegroei het - sonder twyfel 'n Poegie-uitdaging wat skrik vir niks.
Die manne het groot waardering vir elke donasie, groot of klein. Hulle beplan om vanaf Gansbaai na Hentiesbaai in Namibië en terug op 'n poegie se saal deur te bring - 4 000km! Hierdie uitdaging is ten bate van Ikamva Jeugontwikkeling.
Iemand wat nie seker is wat 'n 'poegie' nou eintlik is nie, dit is beslis nie 'n kragtige motorfiets nie - nee, dit is 'n klein motorfietsie (scooter) en die krag van die enjin is 'n skrale 125cc tot maksimum 150cc. “Ons beplan om die rit daarheen en terug in 10 dae, maksimum 12 dae, af te lê,” vertel Manny. “Ons besef dit sal 'n fisiese en 'n geestelike uitdaging wees wat met spanning en uitputting gepaard sal gaan.” Die groep van 5 manne is op soek na nog belangstellendes om aan die uitdaging deel te neem - kom nou, julle Poegie-manne wat avontuurlustig is, kom wys julle staal, dit is vir 'n goeie doel!
Die gewillige donateurs tot op datum is (alfabeties):
• Anglo Windows
• Besige Kabouters Worcester
• Blinds & Flooring Specialists
• Buco Gansbaai & Hermanus (Plus T-shirts, kepsies en baadjies)
• Dr JW Scheepers, met die kosbare uitdrukking: “Ek het my stukkie kaas vir die poegiemuis gegee”
• Elite Rebel Motorfietsklub
• Nellas Cleaning Service (Australië)
• Tildas Bakery (Struisbaai)
Die manne wat tans gekontak kan word, is:
• Manny de Bruyn: 082 675 8410 - epos admin@tmsbouers.co.za
• Japie Geldenhuys: 063 779 9974 - epos vettrilgerald@gmail.com
• Marius Alberts: 079 600 3971 - epos mariusallie1958@gmail.com
• Gerrie Schutte: 064 837 6292 - epos schuttegerrie@gmail.com
• Kobus Geyser: 082 875 7408 - epos kobusgeyser77@gmail.com
(Kobus het spesiaal 'n poegie gekoop en reeds sy paspoorte gekry)
Bankbesonderhede vir borgskappe of ander bydraes:
Naam: IkamvaPoegieChallenge
Bank: Nedbank
Tipe: Spaarrekening
Rekeningnommer: 2053776528.
Die moedige manne, wat vir baie kans sien, kan gerus ondersteun word. Vir die Gans-Berg Nuus is dit 'n voorreg om hulle op hierdie wyse te kan ondersteun.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreSondag, 25 Mei 2025 was 'n Sending Sondag (Missionaal) wat diep in die harte van die NG- en VG-gemeentes ingekruip het.
Die Birkenhead Boothengelklub se hengelaars het goed gedoen met Saterdag, 17 Mei 2025 se boothengelkompetisie.
Catch up on the latest local news, events, and community highlights from Gans-Berg Nuus - 6 June 2025!
South Africa wins yet another Gold at this year's RHS Chelsea Flower Show.
Dr Markus Botes, Gansbaai se nuwe tandarts, het onlangs die vorige tandarts, Dr De Villiers, se praktyk oorgekoop, wat met pensioen afgetree het.
'n Noodkreet gaan uit na die gemeenskap, besighede en individue vir die voortbestaan van Overstrand Medical Response (OMR)...