Voet in die visblik
Sedert my onthou staan die reuse visblik in Gansbaai Marine se voortuin.
Dit gons op die onderskeie Gemeenskapsgroepe oor die beplande Khoisan Bay-ontwikkeling aangrensend aan die noordekant van van De Kelders. Die naam van die voorgestelde ontwikkeling, Khoisan Bay, het aanvanklik tot misverstande aanleiding gegee. Die afleiding is gemaak dat dit vir lae koste behuising bedoel is. Dit is hoegenaamd nie die geval nie: Daar sal meer as 400 erwe vir hoëklas huisvesting, 'n besigheidsentrum, 'n bejaardesorgsentrum en selfs die moontlikheid van 'n skool en baie meer.
Twee Inligtingsessies was vir Saterdag en Maandag, 26 en 28 April 2025 gereël en is goed deur die inwoners bygewoon. Hierdie was die 1ste fase van 3 wat beplan word. 'n Komitee is saamgestel om die projek te ondersoek, met Elma Rivera, voorsitter van die De Kelders en Perlemoenbaai Belastingbetalersvereniging aan die stuur van sake.
Johan Neser, 'n natuurliefhebber, 'n inwoner van De Kelders en lid van 'n subkomitee wat saamgestel is om die impak op die omgewing te ondersoek, het aan die gemeenskap tydens die inligtingsessies verduidelik waaroor dit gaan. “Ek is nie hier om die beplande ontwikkeling goed of sleg te praat nie,” het Johan gesê. “My doel is om die impakstudies te bespreek en bepaalde gevolge te bespreek en julle dan deur die gebied te laat stap om sekere aspekte uit te wys - daarna berus dit by elke imwoner om self te besluit.”
Johan het die 10 omgewings-impakstudies wat gedoen is volledig bespreek, wat onder andere die volgende insluit: Argeologies, Botanies, Geologies, Erfenis, Sosio-ekonomies, Verkeer, Water en dies meer. “Die beplanning van hierdie ontwikkeling kom al van 2005 af,” het hy gesê. “Van die impakstudies is egter so oud soos 2006 en 2007 en dit is kommerwekkend, aangesien baie dinge intussen verander het.”
Johan het baie vrae beantwoord en het homself goed van sy taak gekwyt. 'n Naamsverandering vir die ontwikkeling is onder andere voorgestel, asook die moontlikheid om die ontwikkeling aan die oorkant van die R43 te verskuif, aangesien die hele strook van De Kelders af tot anderkant die R43 aan dieselfde eienaar behoort. Dit is duidelik dat daar nog 'baie water in die see gaan loop' voordat daar daadwerklik tot enige aksies oorgegaan sal word. Sodra daar meer feite beskikbaar is, sal die Gans-Berg Nuus meer volledig berig.
'n Dringende beroep is gedoen dat belanghebbendes by die projek sal registreer - of jy nou daarvoor of daarteen is. Om te registreer kan 'n epos aan michelle@lornay.co.za van Lornay Environmental Consulting gestuur word, met riveraelma@gmail.com wat in ge-cc moet word. Besoek gerus die webtuiste: www.lornay.co.za. Publieke deelname is van uiterste belang en inwoners kan kortliks meld wat hulle van die ontwikkeling dink en ook vra vir inligting.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreSedert my onthou staan die reuse visblik in Gansbaai Marine se voortuin.
Sondag, 25 Mei 2025 was 'n Sending Sondag (Missionaal) wat diep in die harte van die NG- en VG-gemeentes ingekruip het.
Die Birkenhead Boothengelklub se hengelaars het goed gedoen met Saterdag, 17 Mei 2025 se boothengelkompetisie.
Catch up on the latest local news, events, and community highlights from Gans-Berg Nuus - 6 June 2025!
South Africa wins yet another Gold at this year's RHS Chelsea Flower Show.
Dr Markus Botes, Gansbaai se nuwe tandarts, het onlangs die vorige tandarts, Dr De Villiers, se praktyk oorgekoop, wat met pensioen afgetree het.