Gans-Berg Nuus / News - 19 June 2026 Edition
The latest edition of Gans-Berg News is out now!
'n Grusame motorongeluk op die R43 naby Stanford op 1 Mei 2025 om 11:48, het die lewens van drie kinders geëis - 'n 7-jarige seun, 'n 8-jarige dogter en nog 'n 10-jarige dogter wat opslag dood is. “Dit was 'n grusame toneel om te aanskou,” het AdjOff Booysen van Stanford SAPD gesê. Die ongeluk, asook foto's, is reeds wyd en syd op sosiale media versprei, maar Gans-Berg Nuus het met AdjOff Booysen gesels om seker te maak die feite is korrek.
‚n 'Taxi', met twee volwassenes (bestuurder plus nog 'n volwassene), was met 13 skoolkinders vanaf Gansbaai na Hermanus oppad. Na verneem word sou die kinders 'n NGO-projek bywoon. Dit het gereën en die pad was baie nat en glad. Na bewering het die 'taxi'-bestuurder beheer oor sy voertuig verloor, gegly en teen 'n aankomende Fortuner gebots. Die 'taxi' het gerol en teen nog 'n Fortuner gebots, voordat dit in 'n sloot langs die pad beland het, met van die kinders wat in die proses uitgeval het.
“Van die ander kinders is ernstig beseer, met een vrou wat uit die wrak gesny moes word, maar mediese personeel, ambulanse en die SAPD was vinnig op die toneel,” het AdjOff Booysen gesê. Die R43 was daarna vir etlike ure gesluit en die verkeer moes aanvanklik van die R326 (Papiesvlei-grondpad) gebruik maak. As gevolg van die reën, wat die grondpad baie gevaarlik vir die hoeveelheid voertuie gemaak het, is motorbestuurders ernstig versoek om van die alternatiewe roete via Napier / Bredasdorp gebruik te maak.
Bronagh Hammond, woordvoerder van die Wes-Kaapse Onderwys Departement (WKOD), het gesê hulle sal berading aan die skool beskikbaar stel sodra die leerlinge terugkeer van die vakansie af. Die Departement het ook sy medelye met alle betrokkenes en families betuig.
AdjOff Booysen het gesê 'n Saak van Strafbare Manslag word ondersoek.
(Foto's is verskaf)
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThe latest edition of Gans-Berg News is out now!
This week's edition features important community news...
This week's edition is packed with local stories from across the Greater Gansbaai area.
This week’s Gans-Berg Nuus / News shares stories that matter to the community.
This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News is packed with community stories, local achievements and important updates.
From community upliftment to local sport and inspiring personal stories, this edition is packed with heartwarming Overstrand news.