Gans-Berg News - 30 April 2026
The latest edition of Gans-Berg Nuus highlights key local stories, community milestones, and upcoming events in the Overberg.
-Ons, Dries en Cecilia, wil graag ons hartlike dank uitspreek aan almal wat bygedra het tot die sukses van die Franskraal Kunsroete Paasfees 2025-geleentheid wat van 18 tot 21 April 2025 gehou is.
-Ons bedank die talentvolle kunstenaars wat hul ateljees geopen het en hul kreatiwiteit en passie met ons gemeenskap gedeel het. Jul deelname het hierdie 'n hoogaangeskrewe en werklik 'n spesiale unieke geleentheid gemaak.
-'n Spesiale dankie aan Dr./Prof. Daniel Louw vir sy opbouende en inspirerende boodskap en dat hy die tyd geneem het om by ons te wees.
-Ons waardeer Overstrand Munisipaliteit se ondersteuning en om die gebruik van hul fasiliteite, insluitend die Eilandhuisie aan ons toe te vertrou. Hulle deurlopende bystand was vir ons van onskatbare waarde.
-Dankie aan ons Eilandhuisie Gasvroue wat die Eilandhuisie beman het met 'n verwelkomende glimlag en entoesiasme.
-Aan die digters, skrywers, uitgewers, woordkunstenaars en Bonsai-meester wat hul unieke talente ten toon gestel het, betuig ons ons dankbaarheid vir die verryking van die Franskraal Kunsroete-geleentheid met jul kreatiwiteit.
-Ons bedank verder die Franskraal Rolbalklub vir hul beskikbaarheid en ondersteuning.
-Ons waardeer ook die bydraes van grafiese ontwerpers, mediahuise, drukkerye en buurtwagte, sonder wie hierdie geleentheid nie moontlik sou gewees het nie.
-Ons is dankbaar vir lede van die publiek wat dit van heinde en verre bygewoon het en die artistieke gees van Franskraal omarm. Jul entoesiasme en waardering vir die kunste maak geleenthede soos hierdie werklik onvergeetlik.
-Baie geluk aan al die "Lucky Draw" wenners.
-Ons opregte dank gaan ook aan die Franskraal Kunsroete Paasfees 2025 komitee en Woordkunskomitee wat onverpoos agter die skerms gewerk het om die geleentheid se sukses te verseker.
-Ons waardeer die ruim bydraes en borgskappe wat ontvang is, wat gehelp het om hierdie geleentheid moontlik te maak.
-Laastens wil ons graag ons waardering uitspreek teenoor die Bestuur van die Franskraalstrand Belastingbetalers- en Inwonersvereniging vir hul onwrikbare ondersteuning deur hierdie projek.
-Baie dankie weereens vir julle bydraes, deelname en entoesiasme.
Die uwe,
Dries en Cecilia Dreyer
082 3329 386
dries.dreyer53@gmail.com
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThe latest edition of Gans-Berg Nuus highlights key local stories, community milestones, and upcoming events in the Overberg.
This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.
This week’s edition brings a mix of important community updates, inspiring local stories, and environmental insights!
Here’s a quick roundup of this week’s highlights!
Catch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.