Blog

Gansbaai Jukskeiklub 4de Toeks Moore Opedag

Gansbaai Jukskeiklub 4de Toeks Moore Opedag

Gans-Berg Nuus / News

Gansbaai Jukskeiklub 4de Toeks Moore Opedag

Saterdag, 26 April 2025 kan as 'n enorme sukses vir die 4deToeks Moore Ope Jukskeidag beskou word - daar was nie minder nie as 17 spanne wat ingeskryf het nie - van heinde en verre! Gansbaai Jukskeiklub was die gasheer en spanne van Worcester, Groenberg, Danabaai, Oudsthoorn, Stilbaai, Mosselbaai, Westelike Provinsie, Strandkloof en, glo dit of nie, Franskraal Rolbalklub. Pieter Moore het die Gans-Berg Nuus meegedeel dat die klubbestuur dit as 'n groot voorreg beskou.

Die onderskeie spanne het in A-, B- en C-afdelings teen mekaar meegeding.

Wenners:

A1 - Voltallig; A2 - Astros; A3 - Jack & Jill.

B1 - Danabaai; B2 - Worcester; B3 - Franskraal Rolbalklub.

C1 - Lekkerbek; C2 - Danabaai; C3 - Oudsthoorn.

“Graag wil ons ons hoofborge vir hulle bydraes bedank: Campbell Fresh, Gansbaai Superspar, Sizisa Sand, Stone & Gravel, asook al ons ander borge,” het Pieter Moore gesê. “Dankie aan ons ou staatmaker, Dyer Eiland Visserye, wat ys vir die dag en die seisoen skenk. Ons dank ook aan ons Hemelse Vader vir 'n perfekte dag om ons sport te kon beoefen.”

Toeks Moore Opedag

Lesers mag dalk wonder oor die oorsprong van die jaarlikse Toeks Moore Opedag. Die Gans-Berg Nuus het bietjie navraag gedoen. Pieter Moore van die klub se eggenote, Toeks, is op 4 Julie 2021 oorlede. Sy was nie net aktief by die klub betrokke nie, maar was 'n voorslag Jukskeispeler: Junior-, WP-, Senior Sentraal-, Oos-Transvaal- en Overberg-Kleure. In 2016 verwerf Toeks ook haar SA Kleure. Sy het vir bykans 20 jaar (2002-2021) op die Gansbaai Bestuur gedien en in 2021 word die Overberg Sport Ererol Toekenning aan haar gemaak vir haar groot bydrae tot die Jukskei-sport.

Hardus Botha

Gansbaai Jukskeiklub 4de Toeks Moore Opedag

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026

Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026

This week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...

Gans-Berg Nuus - 16 January 2026

Gans-Berg Nuus - 16 January 2026

The recent edition of Gans-Berg Nuus / News reports on the ongoing wildfire crisis...

Gans-Berg Nuus - 9 January 2026

Gans-Berg Nuus - 9 January 2026

The famous Six Gun Grill Trans Agulhas Challenge once again brought adventure to our coastline...

Gans-Berg Nuus / News - 2 January 2026

Gans-Berg Nuus / News - 2 January 2026

The 2 January 2026 edition of Gans-Berg News covers key environmental, community, and regional developments...

Gans-Berg News | 19 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 19 December 2025 Edition

Read the latest Gans-berg News Newspaper here.

Gans-Berg Nuus / News | 26 December 2025 Edition

Gans-Berg Nuus / News | 26 December 2025 Edit...

Read more in the latest edition of the Gans-berg Nuus.