Blog

J&A Paneelkloppers kry nuwe eienaars

J&A Paneelkloppers kry nuwe eienaars

Gans-Berg Nuus / News

J&A Paneelkloppers kry nuwe eienaars

Die bekende J&A Paneelkloppers van Jan van Tonder in die Industriële gebied, wat op 20 Februarie 2024 oorlede is, het nuwe eienaars gekry - Caven (direkteur) en sy eggenote, Jennifer (mede-eienaar) Pietersen. Die egpaar het die besigheid op 1 Maart 2025 by Jan se eggenote, Marlene van Tonder, oorgekoop en het besluit om die naam onveranderd te behou.

Caven is 'n ou bekende in die besigheid en het baie jare vir Jan gewerk en later as bestuurder waargeneem as gevolg van Jan se gesondheid. Na Jan se afsterwe, het Caven die besigheid bestuur. Marlene het besluit om die besigheid te verkoop en Caven, met sy jarelange ondervinding, en Jennifer, was die ideale kopers.

Nadat die egpaar die besigheid op 1 Maart 2025 oorgeneem het, het Caven al die personeellede vervang en met 'n nuwe struktuur en strategie begin. Caven het hom in 1990, sowat 25 jaar gelede as 'Spray Painter' gekwalifiseer, nadat hy sy ambag by Worcester Bakwerke voltooi het. “Ek is eintlik al van skooldae af by paneelklopwerk betrokke,” vertel hy.

Die egpaar is 'ou' Gansbaaiers en is aan baie gemeenskapslede bekend. “Ek en Jennifer is nie net hier om paneelklopwerk aan Gansbaai en omgewing te bied nie,” het Caven gesê. “Ons wil ook in die gemeenskap met liefdadigheidswerk, soos onder andere om by skole met verversings of kospakkies tydens spesifieke geleenthede betrokke raak.” Hierdie entoesiastiese egpaar beplan om die sukses van J&A Paneelkloppers nog verder uit te brei. “Ons hernu onder andere ook meubels, yskaste en staalwerke wat geroes is,” het Jennifer gesê. “Ons streef daarna om net die beste diens en eindprodukte te lewer.”

Caven en Jennifer van J&A Paneelkloppers kan onderskeidelik by 072 244 8986 / 082 447 3839 gekontak word. Die kantoornommer is 028 007 0283, of stuur 'n epos aan japanelbeaters@gmail.com.

Hardus Botha

J&A Paneelkloppers kry nuwe eienaars

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News - 20 March 2026

Gans-Berg News - 20 March 2026

This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

This week’s edition covers several important local and international stories. 

Gans-Berg News | 27 February 2026

Gans-Berg News | 27 February 2026

This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.

Gans-Berg News | 20 February 2026

Gans-Berg News | 20 February 2026

Here’s what’s making headlines in our latest edition!

Gans-Berg News | 13 February 2026

Gans-Berg News | 13 February 2026

Exciting progress is being made on the new Overstrand Medical Centre, with construction expected to be completed by the end of April...