Blog

1ste verjaarsdag vir GGAP-projek

1ste verjaarsdag vir GGAP-projek

Gans-Berg Nuus / News

1ste verjaarsdag vir GGAP-projek

“Ons GGAP-projek (Gorgeous Gansbaai Arts Project), met ons Gawie Gansie logo, het op 12 April 2025 ons eerste verjaarsdag gevier,” vertel Laurette Nel. “Op Saterdag 19 April 2025 het ons die geleentheid saam met Seeff en Gansbaai Toerisme met 'n 'pop-up' markie en uitstalling, stalletjies en speletjies vir die kinders gevier.”

Gedurende die afgelope jaar het die op-en-wakker groep van GGAP 14 muurskilderye op besigheidsgeboue se mure geskilder om ons dorp te verfraai. 'n Paar lelike mure moes eers gepleister en geverf word, onder andere by Bed Shop en Lekker Bek. Foto-omhulsels is ook laat druk vir die planthouers in Hoofstraat. Grootbos het sementpotte, asook plante en bome aan GGAP geskenk. “Ons sê baie dankie vir Hennie Bothma en sy span, asook vir Grootbos vir die plante wat nog moet kom en in die leë potte geplant moet word,” sê Laurette. “Die lamppale in Hoofstraat het ook nuwe, vrolike kleure gekry.” Tans is die groep besig met nog nuwe muurskilderye in Hoofstraat, by Gansbaai Hawe, asook by die Great White House in Kleinbaai. Verbygangers kan gerus vir 'n oomblikkie daar stilstaan om dankie te sê en die dames aan te moedig!

Die GGAP-span het hulle opregte dank en waardering uitgespreek vir al die ondersteuning en donasies vir die verf, asook skenkings aan die kunstenaars wat hulle vanuit die gemeenskap ontvang. Hulle het reeds 'n vol program vir die jaar wat voorlê - skole, Masakhane en Blompark is ook betrokke.

“Dankie aan al die wonderlike 'Nasiebouers', soos ons ons ondersteuners noem, met die Gans-Berg Nuus ingesluit, wat ons ondersteun en bystaan met ons 'Mooimaak-projek' om ons dorp, Gansbaai, so pragtig te kan versier,” het Laurette haar onderhoud met die Gans-Berg Nuus afgesluit. Almal word bedank, maar wat van 'n Groot Dankie en 'Bravo' aan hierdie groep kunstenaars wat, vrywilliglik, soveel moeite (en harde werk in die son!) doen om van Gansbaai 'n prag-dorp te maak. Gaan loer gerus op GGAP se webtuiste hier.

Hardus Botha

1ste verjaarsdag vir GGAP-projek

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Welkom aan nuwe Tandarts

Welkom aan nuwe Tandarts

Dr Markus Botes, Gansbaai se nuwe tandarts, het onlangs die vorige tandarts, Dr De Villiers, se praktyk oorgekoop, wat met pensioen afgetree het.

Noodkreet vir OMR Ambulansdienste

Noodkreet vir OMR Ambulansdienste

'n Noodkreet gaan uit na die gemeenskap, besighede en individue vir die voortbestaan van Overstrand Medical Response (OMR)...

Boosmansbos-langstertbosmuis ná 46 Jaar Weer Opgeteken

Boosmansbos-langstertbosmuis ná 46 Jaar Weer...

Elusive Boosmansbos long-tailed forest shrew, Recorded after 46 years for the 1ste time.

Overberg in kollig met Wêreld-Fotografiemaand

Overberg in kollig met Wêreld-Fotografiemaan...

Wêreld Fotografiedag word die afgelope 35 jaar op 19 Augustus wêreldwyd gevier om die dag toe die Daguerrotipe...

Jongboer van die Jaar Finaliste

Jongboer van die Jaar Finaliste

Agri Wes-Kaap is trots om die agt finaliste vir die 2025 Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar-kompetisie aan te kondig...

Gans-Berg Newspaper - 30 May 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 30 May 2025 Edition

Catch up on the latest local news, events, and community highlights from Gans-Berg Nuus - 30 May 2025!