Gans-Berg News - 8 May 2026
This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...
“Ons GGAP-projek (Gorgeous Gansbaai Arts Project), met ons Gawie Gansie logo, het op 12 April 2025 ons eerste verjaarsdag gevier,” vertel Laurette Nel. “Op Saterdag 19 April 2025 het ons die geleentheid saam met Seeff en Gansbaai Toerisme met 'n 'pop-up' markie en uitstalling, stalletjies en speletjies vir die kinders gevier.”
Gedurende die afgelope jaar het die op-en-wakker groep van GGAP 14 muurskilderye op besigheidsgeboue se mure geskilder om ons dorp te verfraai. 'n Paar lelike mure moes eers gepleister en geverf word, onder andere by Bed Shop en Lekker Bek. Foto-omhulsels is ook laat druk vir die planthouers in Hoofstraat. Grootbos het sementpotte, asook plante en bome aan GGAP geskenk. “Ons sê baie dankie vir Hennie Bothma en sy span, asook vir Grootbos vir die plante wat nog moet kom en in die leë potte geplant moet word,” sê Laurette. “Die lamppale in Hoofstraat het ook nuwe, vrolike kleure gekry.” Tans is die groep besig met nog nuwe muurskilderye in Hoofstraat, by Gansbaai Hawe, asook by die Great White House in Kleinbaai. Verbygangers kan gerus vir 'n oomblikkie daar stilstaan om dankie te sê en die dames aan te moedig!
Die GGAP-span het hulle opregte dank en waardering uitgespreek vir al die ondersteuning en donasies vir die verf, asook skenkings aan die kunstenaars wat hulle vanuit die gemeenskap ontvang. Hulle het reeds 'n vol program vir die jaar wat voorlê - skole, Masakhane en Blompark is ook betrokke.
“Dankie aan al die wonderlike 'Nasiebouers', soos ons ons ondersteuners noem, met die Gans-Berg Nuus ingesluit, wat ons ondersteun en bystaan met ons 'Mooimaak-projek' om ons dorp, Gansbaai, so pragtig te kan versier,” het Laurette haar onderhoud met die Gans-Berg Nuus afgesluit. Almal word bedank, maar wat van 'n Groot Dankie en 'Bravo' aan hierdie groep kunstenaars wat, vrywilliglik, soveel moeite (en harde werk in die son!) doen om van Gansbaai 'n prag-dorp te maak. Gaan loer gerus op GGAP se webtuiste hier.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThis week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...
The latest edition of Gans-Berg Nuus highlights key local stories, community milestones, and upcoming events in the Overberg.
This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.
This week’s edition brings a mix of important community updates, inspiring local stories, and environmental insights!
Here’s a quick roundup of this week’s highlights!