Blog

Buffeljachts se Barmhartige Samaritane

Buffeljachts se Barmhartige Samaritane

Gans-Berg Nuus / News

Buffeljachts se Barmhartige Samaritane

Buffeljachts, 'vergete' doer in die verte, is nie sonder soortgelyke probleme as in hierdie omgewing nie. Daar is net soveel nood, armoede en mense met behoeftes aan voedsel op 'n daaglikse basis.

Daar is twee Barmhartige Samaritane, past Alet Abrahams van die Bet-El Evangelie Kerk en haar dogter, Mi-Emma Elles, wat al sedert 2017 besig is met 'n 'sopkombuis' om aan die voedselnood aandag te gee - hulle was selfs gedurende die Covid-tydperk daarmee besig. Alet en haar dogter voorsien 3 keer per week sop en kospakkies aan sowat 130 mense - wat geen grap is om te doen nie!

“Die nood by ons is groot en ons vra belangstellendes om ons asseblief te ondersteun,” het Alet gesê. “Daar is baie individue en instansies in Groter Gansbaai vir voedsel- en klerenood, maar soms word daar van ons in Buffeljachts vergeet.”

Belangstellendes wat bereid is om navraag te doen oor hoe hulle dié twee Barmhartige Samaritane, wat op hul eie werk, te kan ondersteun, kan gerus vir Alet na 17:00 bedags by 071 966 0340 skakel, of gaan loer gerus daar in om self ondersoek in te stel.

Hardus Botha

Buffeljachts se Barmhartige Samaritane

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Record-breaking pine clearing operation

Record-breaking pine clearing operation

A record-breaking pine clearing operation strengthens water security at Boosmansbos.

Prestige-vroue-funksie bring hoop en inspirasie

Prestige-vroue-funksie bring hoop en inspiras...

Die vroue-funksie wat Saterdag, 7 Junie 2025 in Gansbaai Primêr se skoolsaal aangebied is...

Predikant-poppekas met humor én boodskappe

Predikant-poppekas met humor én boodskappe

"Die idee van 'n Poppekas het baie jare gelede in Venda begin waar ek Sendingpredikant was,” vertel Emerituspredikant, ds Franna Herselman.

Gansbaai Lionsklub se 31ste Lionpresident ingehuldig

Gansbaai Lionsklub se 31ste Lionpresident ing...

Die jaarlikse induksie, of te wel Presidentsinhuldiging, van Gansbaai Lionsklub se nuwe Lionpresident...

Gans-Berg Newspaper - 20 June 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 20 June 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 20 June 2025 Edition.

Alleged Murderers Still in Custody

Alleged Murderers Still in Custody

The alleged and arrested murderers of Ricardo Tobias (30) and Eben Olyn (34), both from Blompark...