Gans-Berg Nuus / News - 19 June 2026 Edition
The latest edition of Gans-Berg News is out now!
Buffeljachts, 'vergete' doer in die verte, is nie sonder soortgelyke probleme as in hierdie omgewing nie. Daar is net soveel nood, armoede en mense met behoeftes aan voedsel op 'n daaglikse basis.
Daar is twee Barmhartige Samaritane, past Alet Abrahams van die Bet-El Evangelie Kerk en haar dogter, Mi-Emma Elles, wat al sedert 2017 besig is met 'n 'sopkombuis' om aan die voedselnood aandag te gee - hulle was selfs gedurende die Covid-tydperk daarmee besig. Alet en haar dogter voorsien 3 keer per week sop en kospakkies aan sowat 130 mense - wat geen grap is om te doen nie!
“Die nood by ons is groot en ons vra belangstellendes om ons asseblief te ondersteun,” het Alet gesê. “Daar is baie individue en instansies in Groter Gansbaai vir voedsel- en klerenood, maar soms word daar van ons in Buffeljachts vergeet.”
Belangstellendes wat bereid is om navraag te doen oor hoe hulle dié twee Barmhartige Samaritane, wat op hul eie werk, te kan ondersteun, kan gerus vir Alet na 17:00 bedags by 071 966 0340 skakel, of gaan loer gerus daar in om self ondersoek in te stel.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThe latest edition of Gans-Berg News is out now!
This week's edition features important community news...
This week's edition is packed with local stories from across the Greater Gansbaai area.
This week’s Gans-Berg Nuus / News shares stories that matter to the community.
This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News is packed with community stories, local achievements and important updates.
From community upliftment to local sport and inspiring personal stories, this edition is packed with heartwarming Overstrand news.