Blog

Jongboer van die Jaar Finaliste

Jongboer van die Jaar Finaliste

Gans-Berg Nuus / News

Jongboer van die Jaar Finaliste

Agri Wes-Kaap is trots om die agt finaliste vir die 2025 Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar-kompetisie aan te kondig - 'n toekenning wat uitnemendheid, leierskap en volgehoue toewyding in die landboubedryf vier.

Dié finaliste is nie net jonk nie, maar reeds gevestigde produsente wat 'n waardevolle bydrae tot hul gemeenskappe en die Wes-Kaapse landbou-ekonomie lewer. 

Hulle is:

* André Swanepoel (28), wat reeds 7 jaar in die Langeberg-gebied met sitrus, steenvrugte, wingerd en groente boer;

* Francois Rossouw (30), met 6,5 jaar ondervinding in die Hexriviervallei, waar hy tafeldruiwe op 310 hektaar produseer;

* Gordon Anderson (36), wat reeds 16 jaar met appels en pere op 83 hektaar in die Overberg boer;

* Hermann Heins (25), wat 125 hektaar wingerd en 450 varksôe in die Stellenbosch-streek bestuur;

* Jaco Bruwer (25) van Barrydale, wat reeds 5 jaar met perskes, nektariens, pere, appelkose, suurlemoene en pampoene boer;

* Mario Lombard (39), 'n ervare boer van George, wat avokado's en vleisbeeste bestuur en hy boer al vir 19 jaar.

* Musa Mfengu (39), van Tulbagh, wat op 36,6 hektaar bloubessies produseer en reeds 13 jaar in die bedryf is;

* Niel Bruwer (37) van die Ceres/Hamlet-gebied, met 15 jaar ervaring.  Sy onderneming sluit in droëvrugte op 90 hektaar en kernvrugte op 145 hektaar.

Volgens die beoordelaars se sameroeper, Inus Oosthuizen, is die beoordelaarspaneel opgewonde oor die komende besoeke aan die finaliste se plase: “Elke jaar word ons verras deur die gehalte van jong boere in ons provinsie - en vanjaar is geen uitsondering nie.  Wat hierdie groep besonders maak, is die diversiteit van boerderye wat ons gaan besoek - vanaf

bloubessies tot varke, en van tafeldruiwe tot avokado's.  Ek sien uit daarna om eerstehands te beleef hoe hierdie boere in hul onderskeie velde uitblink.”

Die wenner van die 2025 Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar-kompetisie sal op 11 Junie aangekondig word.  Die provinsiale wenner sal die Wes-Kaap dan verteenwoordig in die Nasionale Toyota SA/Agri SA Jongboer van die Jaar-kompetisie wat later vanjaar plaasvind. 

Vir navrae kan Rojeanne de Wet, Skakelbeampte, by 071 170 3744 gekontak word, of stuur 'n epos aan haar by rojeanne@awk.co.za.

Jongboer van die Jaar Finaliste

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Birkenhead Boothengelklub Birkenheaders goed op dreef

Birkenhead Boothengelklub Birkenheaders goed ...

Die Birkenhead Boothengelklub se hengelaars het goed gedoen met Saterdag, 17 Mei 2025 se boothengelkompetisie.

Gans-Berg Newspaper - 6 June 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 6 June 2025 Edition

Catch up on the latest local news, events, and community highlights from Gans-Berg Nuus - 6 June 2025!

SA wins another Gold at RHS Chelsea Flower Show

SA wins another Gold at RHS Chelsea Flower Sh...

South Africa wins yet another Gold at this year's RHS Chelsea Flower Show.

Welkom aan nuwe Tandarts

Welkom aan nuwe Tandarts

Dr Markus Botes, Gansbaai se nuwe tandarts, het onlangs die vorige tandarts, Dr De Villiers, se praktyk oorgekoop, wat met pensioen afgetree het.

Noodkreet vir OMR Ambulansdienste

Noodkreet vir OMR Ambulansdienste

'n Noodkreet gaan uit na die gemeenskap, besighede en individue vir die voortbestaan van Overstrand Medical Response (OMR)...

Boosmansbos-langstertbosmuis ná 46 Jaar Weer Opgeteken

Boosmansbos-langstertbosmuis ná 46 Jaar Weer...

Elusive Boosmansbos long-tailed forest shrew, Recorded after 46 years for the 1ste time.