Overberg in kollig met Wêreld-Fotografiemaand

Overberg in kollig met Wêreld-Fotografiemaand

Gans-Berg Nuus / News

Image

Overberg in kollig met Wêreld-Fotografiemaand

Wêreld Fotografiedag word die afgelope 35 jaar op 19 Augustus wêreldwyd gevier om die dag toe die Daguerrotipe patent aan alle fotograwe beskikbaar gestel is, te gedenk - dit het die era van moderne fotografie ingelei. Gedurende Augustusmaand vanjaar word fotografie wêreldwyd gedenk en in Suid-Afrika sal die kollig helder op die Overstrand val - in Struisbaai, asook in die Bredasdorp Skeepswrakmuseum.

Drie belangrike gebeure van belang vir fotograwe en belangstellendes vind gedurende Augustusmaand plaas: die jaarlikse kongres van die Suid-Afrikaanse verteenwoordigende fotografiese organisasie, Photographic Society of South Africa (PSSA), word van 11 tot 15 Augustus 2025 in Struisbaai in die NG Kerk Suidpunt aangebied; 'n uitstalling van 70 fotos, wat gekies is ter viering van die 70ste bestaansjaar van PSSA, sal die hele maand in die Bredasdorp Skeepswrakmuseum gesien kan word; 'n kompetisie is van stapel gestuur om 'n nuwe logo vir PSSA te ontwerp en sluit op 31 Augustus 2025, met R15 000 op die spel vir die wenner.

Die kompetisie waarna verwys is, is 'n verdere viering van PSSA se 70ste bestaansjaar - 'n nuwe logo vir die organisasie moet ontwerp word. Die kompetisie is oop vir almal en dit hoef nie 'n professionele ontwerper te wees nie. Die oogmerk is om 'n nuwe, innoverende, logo te vind wat dadelik herkenbaar sal wees as die embleem van 'n oorkoepelende, verteenwoordigende, fotografiese vereniging. Die kompetisie sluit 31 Augustus 2025 en daar is geen beperking op die aantal inskrywings per persoon nie. Inskrywings is gratis. Die webtuiste vir PSSA se geskiedenis is: www.pssa.co.za. Vir reëls en inskrywingsvorms, besoek https://pssa.co.za/pssa-logo-competition/. 

Elf vooraanstaande sprekers en kaartjies om die museum in Bredasdorp te besoek, asook fotografie-uitstappies is ook deel van die reëlings. Die kongres is oop vir alle belangstellendes en nie net vir PSSA-lede nie. Vir meer inligting kontak Nicol du Toit: nicol@sportstrader.co.za of 082 377 8285, of Trudi du Toit: trudi@sportstrader.co.za of 082 572 6127.

Die Gans-Berg Nuus sal teen die einde van Julie 2025 'n verkorte weergawe van hierdie berig plaas om belangstellendes aan die besonderse geleentheid te herinner.

Hardus Botha

Overberg in kollig met Wêreld-Fotografiemaand

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Here’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edit...

Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate en resepte

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate e...

Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...