Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition
Here’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.
Dr Markus Botes, Gansbaai se nuwe tandarts, het onlangs die vorige tandarts, Dr De Villiers, se praktyk oorgekoop, wat met pensioen afgetree het. Op 5 Mei 2025 is die praktyk geopen, met Markus wat ook in Hermanus werk. Sy vriendelike personeellede is Veronica Dumas by ontvangs en Nicky van Eeden, Markus se assistent.
“Ek voel welkom in Gansbaai en sal sover moontlik alles doen wat ek kan om goeie diens te lewer,” het Markus aan Gans-Berg Nuus gesê. “En, o-ja, ek het spesiaal 'n nuwe tandartsstoel vir die spreekkamers gekoop!” Markus kan alle tandheelkunde van enige aard hanteer en, waar hy nie kan nie, sal hy die nodige verwysings doen.
Markus is oorspronklik van Pretoria, maar het sy studies in 2016 aan die Universiteit van Wes-Kaapland voltooi. Hy het in Johannesburg tot Februarie 2024 gewerk, maar die rustigheid en natuurskoon van die Wes-Kaap het sy hart gesteel. “Toe besluit ek om Wes-Kaap toe te verhuis met die oog daarop om 'n praktyk te open,” vertel hy. Markus is ongetroud, maar, jammer vir die ongetroude dames-pasiënte, sy verlowing is in die pyplyn - miskien nog vir hierdie jaar! Hy sê hy is baie lief vir die buitelewe, hou van oefen en is ook 'n Driekamp-atleet - dus lekker fiks.
“Ek is wel uitgekontrakteer, maar vra standaard mediesefonds tariewe - pasiënte moet dus betaal en dan by hulle mediesefondse eis,” het hy gesê. Die spreekkamers is tans net op Maandae en Dinsdae vanaf 08:30-16:30 en Vrydae vanaf 08:30-15:30 oop. Dit is in die Fynbossentrum, hv Hoof- en Fabriekstrate geleë. Vir afsprake kan hulle by 071 125 3450 geskakel word, of stuur 'n epos aan drmjbotesinc@gmail.com.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreHere’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.
Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!
This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.
This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.
From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...
Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...