Blog

Gansbaai Lionsklub se 31ste Lionpresident ingehuldig

Gansbaai Lionsklub se 31ste Lionpresident ingehuldig

Gans-Berg Nuus / News

Gansbaai Lionsklub se 31ste Lionpresident ingehuldig

Die jaarlikse induksie, of te wel Presidentsinhuldiging, van Gansbaai Lionsklub se nuwe Lionpresident op Saterdag, 7 Junie 2025 in die Great White House, was vanjaar 'n prestige geleentheid, maar gesellig soos altyd. Pieter de Vries is vir 'n tweede termyn as Gansbaai Lionsklub se 31ste Lionpresident sedert 1987 vir die termyn 2025-2026 deur Distriksgoewerneur Jose Braga Borges ingehuldig. Wat vanjaar se geleentheid nog meer spesiaal gemaak het, is dat die inhuldiging op Lions Internasionaal se Stigtingsdatum 107 jaar gelede plaasgevind het.

Lion Gert Louw was seremoniemeester en het die verwelkoming behartig. Die jaarlikse inhuldiging van 'n Lionpresident is 'n plegtige geleentheid wat bepaalde prosedures insluit: Vlagplegtigheid (Lion Marietta Hattingh), Lions Invokasie (Lion Marilda Louw); Lions Geloof (Lion Ina Ogilvie); 'n Heildronk op Lions RSA (Lion Ina Ogilvie); 'n Heildronk op Lions Internasionaal (Lion Boats van Staden). 

In sy boodskap het Lionpresident Pieter gesê hy het volle vertroue in sy Besigheidsraad om die termyn vir 2025-2026 aan te pak. “Namens Gansbaai Lionsklub nooi ek graag alle 'nuwe oud-Lionintrekkers' uit om my te kontak en of ons vergaderings by te woon,” het Lionpresident Pieter gesê. “Ons sal ook almal moet saamwerk om nuwe lede ingehuldig te kry - dit sal almal se take ligter maak, maar veral ons klub versterk.” Hy is sowat 16 jaar gelede as Lion ingehuldig en het sedertdien in bykans al die onderskeie portefuljes gedien, insluitend Lionpresident vir 2018-2019, 2024-2025 en nou ook vir 2025-2026.

Lionpresident Pieter het ook sy Besigheidsraad (Kabinet) vir 2025-2026 bekendgemaak: hyself as verkose Lionpresident, Boats van Staden (1ste Visie-President), Ina Ogilvie (Klubtesourier), Mariëtta Hatting (Klubsekretaris en Klub LCIF Koördineerder), Corrie Schutte (Lidmaatskapvoorsitter) en René Mouton (Bemarkingsvoorsitter). Drie nuwe lede is ook tydens die geleentheid ingehuldig: Riaan van Deventer, René Mouton en Carmelita Fitzgibbon.

Na afloop van die verrigtinge kon die Lions 'n gesellige aand en saamkuier in die Great White House geniet. Die Redaksiespan van die Gans-Berg Nuus wens Lionpresident Pieter de Vries geluk met sy verkiesing as Lionpresident en wens hom en sy span sterkte toe vir die termyn wat voorlê.

(Foto's is verskaf)

Hardus Botha

Gansbaai Lionsklub se 31ste Lionpresident ingehuldig

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Here’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edit...

Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate en resepte

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate e...

Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...