Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edit...
Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!
“Wow, kan julle glo, Michelle van Zyl en haar gedugte span van die Gans-Berg Nuus vier binnekort hulle 5-jarige bestaan jaar,” het een van Gans-Berg Nuus se lesers onlangs genoem.
Op 3 Julie 2020, toe die Gans-Berg Nuus sy eerste 'lig' aanskou het, was dit in die 'hitte' van die Covid-pandemie - 5 jaar gelede. Vanuit 'n besigheids-oogpunt was dit 'n bewys van onverskrokke waagmoed en deursettingsvermoëns van die eienaar en redakteur, Michelle van Zyl en haar span wat aan die dag gelê is. Sekerlik was daar wenkbroue wat oor hierdie besluit gelig is - maar 5 jaar later mag ons gemeenskapskoerant maar spog met 'n groei-proses van krag tot krag, met die goeie samewerking van ons getroue adverteerders en lesersgetalle - met ons 'baba-spoortjies' in die gedrukte media-bedryf wat lankal reeds uitgewis is.
Enkele knap personeellede het gedurende die afgelope 5 jaar weens persoonlike omstandighede gekom en gegaan, met almal wat 'n groot bydrae tot die koerant gelewer het. Tans word die koerant deur 'n klein, maar gedugte span, bedryf: Michelle van Zyl (eienaar en redakteur), Saskia van Zyl (advertensie-konsultant), Melissa van der Merwe (grafiese ontwerper) en Hardus Botha (joernalis).
“Ek is trots op my span en op ons koerant, die enigste weeklikse gemeenskapskoerant. Met druk-media is dit nie altyd maklik nie, dit het sy uitdagings - advertensiemateriaal, spêrtye, stories vir berigte, proeflees, blad-uitleg, druk en aflewering van die koerante en baie meer,maar met my ondervinding as senior verkoopskonsultant by Hermanus Times vir amper 9jaar het ek gou gou geleer hoe om uitdagings te hanteer en mense verhoudings te bou en rispekteer. Dit is beslis nie altyd so maklik as wat mense dink nie, maar dit word daagliks deur ons en ons adverteerders en lesers gesien. Gelukkig druk ons self en skakel sodoende duur en onbekostigbare drukkers uit om ons pryse laag en bekostigbaar te hou. Dit word ook oor en oor bewys dat ons koerante mooi verkoop, wat ons met die 'returns' (koerante wat nie verkoop word nie) kan bevestig.
Mense het al gevra waarom ons nie 'n WhatsApp-groep het nie. Die rede daarvoor is dat ek, as redakteur, aan 17 verskillende WhatsApp-groepe behoort, waarvan 14 van die groepe presies dieselfde lede het - met ander woorde, as ons iets op al die groepe plaas, word dit 14 keer deur dieselfde mense gesien, terwyl ons persoonlike data terselfdertyd deur dieselfde plasings van lesers, 'opgeëet' word. Op sosiale media kan ons wel by op Facebook, TikTok en Instagram besoek word.
Ons sorg vir nuus wat met respek, vriendelikheid, empatie en integriteit gepaard gaan, maar veral gefokus bly op feitlike en korrekte inligting, wat deur middel van persoonlike onderhoude bekom word, en wat elke week op die rakke van ons besighede geplaas word om vir ons adverteerders en lesers beskikbaar te kan wees.” Sedert 3 Julie 2020 was daar gereelde en nuwe hoogtepunte wat plaasgevind het - met alles wat op die merkwaardige groei van ons weeklikse, gemeenskapskoerant gedui het. Enkele voorbeelde daarvan, waarop ons baie trots is, is:
*Recipe- and History Book; *Getyeboek; *Aktiwiteitsboek; *NGK Almanak; *Jaarlikse Uilenkraalsmond Nuusblad; *Jaarlikse Laerskool Gansbaai Interskole Boekie; *Gereelde Vakansieprogramme; *Deelname aan Padblokades; *Franskraal Kunsroete en ander kunsuitstallings; *Sosiale Media: Facebook, TikTok en Instagram; *Betrokke en/of ondersteuning van: Kanker-fondsinsamelings, Liefdadigheidsorganisasies, Feeste wat aangebied word, beskikbaarheid vir funksies en oorhandigings en nog meer interessante beplanning vir die toekoms - watch this space!
Met 'n tikkie humor kan gespog word met 'n nuwe aankomeling wat by ons span 'aangesluit' het - Gans-Berg Nuus se Advertensie-konsultant, Saskia van Zyl, het op 21 Januarie 2025 geboorte aan 'n pragtige seuntjie, Sas, gegee, met die 'jong' Ouma Michelle van Zyl wat oorloop van trots en liefde vir die kleinding, wat alreeds tydens koerantaflewerings saamry!
Gans-Berg Nuus se verspreidingsarea sluit Groter Gansbaai, Stanford, Hermanus, Pearly Beach, Baarskeerdersbos en Bredasdorp. “As 'n span bedank ons graag ons adverteerders, lesers en alle instansies vir almal se voortgesette en getroue ondersteuning,” sê Michelle. “Ons sien uit na Gans-Berg Nuus se volgende 5 'lewensjare' met almal se ondersteuning en lojaliteit teenoor Gansbaai se eie weeklikse, gemeenskapskoerant.”
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreCatch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!
This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.
This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.
From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...
Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...
Colleen Knox was a lovely lady who I met at Lighthouse Tavern restaurant which I had purchased in 2008.