Gans-Berg News -Â 20 March 2026
This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...
Suster Brenda Lombaard (66) is met ingang van 1 Julie 2025 as een van Ikamva Jeugontwikkeling se professionele susters aangestel. Die projek waarby Brenda ingeskakel het, is Ikamva se Geïntegreerde Gesondheids- en Welstandsdienste in die Gemeenskap.
Brenda is aanvanklik in 1989 as 'n teatersuster in Gauteng opgelei. Sy het ook vir sowat 3 jaar in Hermanus Provinsiale Hospitaal gewerk, waarna sy ook by twee Tehuise vir Bejaardes betrokke was. In 2019 het Brenda na De Kelders verhuis. In Augustus 2023 het sy afgetree, maar was deur middel van agentskappe steeds by klinieke in Hermanus, Stanford en Gansbaai betrokke.
Sy voel opgewonde oor die nuwe uitdaging wat by Ikamva op haar wag. “Vir my is dit 'n nuwe veld waarin ek gaan werk, maar ek sien baie daarna uit,” het sy gesê.
Genoemde projek waarby Brenda ingeskakel het, word deur twee geregistreerde professionele verpleegkundiges, waarvan sy nou die een is, gefasiliteer. Hierdie gesondheidsorgwerkers, met die bystand van 27 gemeenskapsgesondheidswerkers en 4 lekeberaders, verskaf broodnodige gesondheidsorg aan die mees kwesbare en benadeelde lede van die gemeenskappe van Gansbaai-omgewing, Stanford, Baardskeerdersbos, Pearly Beach en Buffeljagsbaai. Sterkte word Suster Brenda met haar nuwe uitdaging toegewens.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThis week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...
This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...
This week’s edition covers several important local and international stories.
This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.
Here’s what’s making headlines in our latest edition!
Exciting progress is being made on the new Overstrand Medical Centre, with construction expected to be completed by the end of April...