Blog

Betowerende Musiekaand, Curro Cantare Dogters Kamerkoor

Betowerende Musiekaand, Curro Cantare Dogters Kamerkoor

Gans-Berg Nuus / News

Betowerende Musiekaand, Curro Cantare Dogters Kamerkoor

Curro Hermanus Hoërskool se betowerende Musiekaand, met die Curro Cantare Dogters Kamerkoor en mede-musikante, kon maar in enige groot en gewilde teater in Kaapstad plaasgevind het - aan musikale talente was daar eenvoudig geen tekort nie, inteendeel! Die dogters se koorsang getuig van getroue en harde werk, asook van die deeglikheid en toegewydheid van hulle koorafrigter, Maike Skein en begeleidster, Madelein Krog.

Die Musiekaand is gekenmerk deur

'n genotvolle mengsel van oorspronklike koorkomposisies en lewendige verwerkings van bekende liedjies deur ABBA, Coenie de Villiers, “Joshua na die Reën” en vele meer. Liedere vanaf 'Here, ons sal U loof', 'Namakwaland', 'From a Distance' en 'Lig op die Horison' tot by 'Money, Money, Money', 'Caravans' en 'How can I stop Singing my Song', is gesing.

Rea Costerus het die aand besonders gemaak met haar betowerende vertolkings van tydlose klassieke vioolspel. Gaskunstenaars Anri Wolmarans (blokfluit) en Willem Barnard (dromme) het ook 'n besonderse bydrae tot die aand gelewer. Nog 'n besonderse item was die dogters wat 'Allegretto' met hul musiekinstrumente gespeel het: Abongile (klavier), Jasmine (viool) en Janieke (tjello). Meer oor hierdie besonderse Musiekaand kan daar nie geskryf word nie - daar kan net na die volgende een uitgesien word!

Hardus Botha

Betowerende Musiekaand, Curro Cantare Dogters Kamerkoor

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edit...

Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate en resepte

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate e...

Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...

Tribute to Colleen Knox

Tribute to Colleen Knox

Colleen Knox was a lovely lady who I met at Lighthouse Tavern restaurant which I had purchased in 2008.