Gans-Berg Nuus / News | 4 September 2026
Stay up to date with the latest news, stories and happenings from Gansbaai and the surrounding Overberg area.
Curro Hermanus Hoërskool se betowerende Musiekaand, met die Curro Cantare Dogters Kamerkoor en mede-musikante, kon maar in enige groot en gewilde teater in Kaapstad plaasgevind het - aan musikale talente was daar eenvoudig geen tekort nie, inteendeel! Die dogters se koorsang getuig van getroue en harde werk, asook van die deeglikheid en toegewydheid van hulle koorafrigter, Maike Skein en begeleidster, Madelein Krog.
Die Musiekaand is gekenmerk deur
'n genotvolle mengsel van oorspronklike koorkomposisies en lewendige verwerkings van bekende liedjies deur ABBA, Coenie de Villiers, “Joshua na die Reën” en vele meer. Liedere vanaf 'Here, ons sal U loof', 'Namakwaland', 'From a Distance' en 'Lig op die Horison' tot by 'Money, Money, Money', 'Caravans' en 'How can I stop Singing my Song', is gesing.
Rea Costerus het die aand besonders gemaak met haar betowerende vertolkings van tydlose klassieke vioolspel. Gaskunstenaars Anri Wolmarans (blokfluit) en Willem Barnard (dromme) het ook 'n besonderse bydrae tot die aand gelewer. Nog 'n besonderse item was die dogters wat 'Allegretto' met hul musiekinstrumente gespeel het: Abongile (klavier), Jasmine (viool) en Janieke (tjello). Meer oor hierdie besonderse Musiekaand kan daar nie geskryf word nie - daar kan net na die volgende een uitgesien word!
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreStay up to date with the latest news, stories and happenings from Gansbaai and the surrounding Overberg area.
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is here!
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is out!
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is out!
The latest edition of Gans-Berg News is out now!
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is out now!