Gans-Berg News - 14 October 2026
This week's edition of Gans-Berg Nuus / News features the restoration of the iconic Gansbaai sign...
Curro Hermanus Hoërskool se betowerende Musiekaand, met die Curro Cantare Dogters Kamerkoor en mede-musikante, kon maar in enige groot en gewilde teater in Kaapstad plaasgevind het - aan musikale talente was daar eenvoudig geen tekort nie, inteendeel! Die dogters se koorsang getuig van getroue en harde werk, asook van die deeglikheid en toegewydheid van hulle koorafrigter, Maike Skein en begeleidster, Madelein Krog.
Die Musiekaand is gekenmerk deur
'n genotvolle mengsel van oorspronklike koorkomposisies en lewendige verwerkings van bekende liedjies deur ABBA, Coenie de Villiers, “Joshua na die Reën” en vele meer. Liedere vanaf 'Here, ons sal U loof', 'Namakwaland', 'From a Distance' en 'Lig op die Horison' tot by 'Money, Money, Money', 'Caravans' en 'How can I stop Singing my Song', is gesing.
Rea Costerus het die aand besonders gemaak met haar betowerende vertolkings van tydlose klassieke vioolspel. Gaskunstenaars Anri Wolmarans (blokfluit) en Willem Barnard (dromme) het ook 'n besonderse bydrae tot die aand gelewer. Nog 'n besonderse item was die dogters wat 'Allegretto' met hul musiekinstrumente gespeel het: Abongile (klavier), Jasmine (viool) en Janieke (tjello). Meer oor hierdie besonderse Musiekaand kan daar nie geskryf word nie - daar kan net na die volgende een uitgesien word!
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThis week's edition of Gans-Berg Nuus / News features the restoration of the iconic Gansbaai sign...
This week’s Gans-Berg Nuus / News brings together stories from across Gansbaai and the surrounding communities.
Check out the latest edition of the Gans-Berg Nuus / News here.
This week’s issue brings you local news, community stories and events from across the Gansbaai and Overberg area.
This week’s issue brings you local stories from across the community, including Laerskool Gansbaai’s 120th anniversary celebrations...