Blog

Nuwe Agent vir Gansbaai Properties, Conrad Geldenhuys

Nuwe Agent vir Gansbaai Properties, Conrad Geldenhuys

Gans-Berg Nuus / News

Nuwe Agent vir Gansbaai Properties, Conrad Geldenhuys

Gansbaai Properties het onlangs 'n nuwe, plaaslike agent met ope arms verwelkom - Conrad Geldenhuys. Hy is nie onbekend in Gansbaai nie, aangesien hy hier grootgeword het en geruime tyd lank by Gansbaai Apteek gewerk het. Daar het baie mense hom leer ken, wat sal weet dat hy 'n vriendelike, gerespekteerde en intelligente jong man is.

Na skool het Conrad argitektuur by CPUT studeer, maar weens omstandighede buite sy beheer, kon hy nie sy graad voltooi nie. Die waardevolle kennis wat hy by CPUT opgedoen het, sal handig te pas kom in sy nuwe beroep.

Conrad het 'n bekende gesig by Gansbaai Apteek geword en later het hy by Afrikanos restaurant aangesluit. Hy wou die wêreld gaan verken om lewenservaring op te doen en het sy vlerke gesprei. Vir agt maande het hy op die derde grootste passasiersboot, die Harmony of the Seas, gewerk. Hy het nie die aanbod aanvaar om 'n verdere agt maande op die skip te bly nie, want hy wou begin nesskrop in Gansbaai, waar Gansbaai Properties hom met ope arms verwelkom het.

Die eiendomswêreld is nie 'n vreemde plek vir die jong man nie. Hy is die kleinseun van die befaamde bouer, Flip Geldenhuys, wat weens gesondheidsredes moes uittree. Reeds geregistreer by die PPRA, het Conrad met opleiding begin en werk tans onder een van Gansbaai Properties se gekwalifiseerde agente. Conrad staan gereed om sy kliënte te help met eiendomsnavrae en kan hulle met waardevolle inligting en/of argitektoniese riglyne bystaan.

Conrad se mede-agente by Gansbaai Properties is Erika Scheepers, Jackie Dyssel en Megan Crafford.

Hardus Botha

Nuwe Agent vir Gansbaai Properties, Conrad Geldenhuys

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News - 14 October 2026

Gans-Berg News - 14 October 2026

This week's edition of Gans-Berg Nuus / News features the restoration of the iconic Gansbaai sign...

Gans-Berg News - 9 October 2026

Gans-Berg News - 9 October 2026

This week’s local news.

Gans-Berg Nuus / News Newspaper: 2 October 2026

Gans-Berg Nuus / News Newspaper: 2 October 20...

This week’s Gans-Berg Nuus / News brings together stories from across Gansbaai and the surrounding communities.

Gans-Berg Nuus / News Newspaper: 25 September 2026

Gans-Berg Nuus / News Newspaper: 25 September...

Check out the latest edition of the Gans-Berg Nuus / News here.

Gans-Berg Nuus / News - 18 September 2026

Gans-Berg Nuus / News - 18 September 2026

This week’s issue brings you local news, community stories and events from across the Gansbaai and Overberg area.

Gans-Berg Nuus / News - 11 September 2026

Gans-Berg Nuus / News - 11 September 2026

This week’s issue brings you local stories from across the community, including Laerskool Gansbaai’s 120th anniversary celebrations...