Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edit...
Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!
“Ons betree nou 'n nuwe Eisteddfod-era in Hermanus - die Flame Eisteddfod,” vertel Asanti Smit van haar bekende Poco Musica Musiekskool. Asanti het die Gans-Berg Nuus meegedeel dat Overberg Eisteddfod se voorsitter aan die einde van 2023 haar voorsitterskap opgesê het. Jacques van Jaarsveld, self 'n drama-afrigter, het die wiele aan die rol gesit om wel 'n Eisteddfod-geleentheid te skep. Hy het die 1ste Flame Eisteddfod daargestel, wat vanjaar vanaf 28 Julie tot 2 Augustus in Curro Hermanus Hoërskool se saal aangebied is - die Festival of Language, Art, Music & Entertainment - met sowat 500 inskrywings!
Asanti sê daar is enkele sang-solo items, asook die Gr 7 Ensemble Sanggroep en die Junior- en Senior skoolkore van Laerskool Gansbaai wat deur haar afgerig word, waarvan die laerskool inligting en foto's sal publiseer. Hierdie berig bevat dus net die onderskeie kategorieë waarin Asanti se Poco Musica Musiekskool presteer het. (Flame: Diploma - 91-100%; Goud - 81-90%; Silwer - 71-80%; Brons - 60-70%; Deelnemers - 59% en laer)
Congrazia Ballet:
Dans-afdeling (29 Julie 2025) - ConGrazia: Ballet vir Beginners (Junior-groep): Silwer - 77%; ConGrazia: Ballet vir Beginners (Senior-groep): Silwer - 80%; Beoordelaar - Madelaine Coetzee.
Poco Musica Musiekskool:
Sang-afdeling Solo (28 Julie 2025): **Hanro Coetzer - 3 uiteenlopende liedere: Goud 90% (Pié Jesu); Flame Diploma 91% (Painless Opera); Flame Diploma 93% (Whistle Happy Tune); **Liahné Otto - Goud 85%.
Sang-afdeling Duet (28 Julie 2025): **Arielle & Jan-Dawid du Plessis - Silwer 80%. Beoordelaar (sang & koor) - Dr Niel van der Watt.
Musiek-instrumente: Die beoordelaar vir alle musiek-instrument afdelings (2 Augustus 2025) - Andrew John Waugh.
Duette: 6 pare klavierduette: **Silwer - Skye Booysen & Liahné Otto; **Goud - Gretchen Buhr & Ninke Kotze, Hanro Coetzer & Liahné Otto, Nanja Russell & Ané Lourens, Isabelle de Villiers & Liëtte Kotze en Mia de Klerk & Talita Radyn.
Blokfluit duet: **Silwer - Eben & Vera du Plessis.
Ukulele duet: **Silwer - Karli Radyn & Francois Marais.
Solo Items:
Klavier: **Silwer - Ané Lourens, Liahné Otto, Isabelle de Villiers, David Knoetze, Gretchen Buhr en Hanro Coetzer; **Goud - Liëtte Kotze, Skye Booysen, Ninke Kotze en Dirk Laurie.
Kitaar: **Goud - Stiaan Fourie, Marni Hoon en Neël Groenewald.
Ukulule: **Silwer - Francois Marais.
Blokfluit: **Goud - Eben du Plessis en Vera du Plessis.
Poco Musica Orkes: Goud gekry vir hul “combo” van EineKleineNachtmusic, Phantom Opera, Viva La Vida en The final Countdown - **Francois Marais (ukulele en “snare drum”); **Stiaan Fourie, Marni Hoon en Neël Groenewald (kitare); **Skye Booysen en Hanro Coetzer (keyboard); **Eben & Vera du Plessis (blokfluite); **Liahné Otto (klavier).
Kitaar Ensemble: **Stiaan Fourie, Marni Hoon, Wilhelm Buhr en Neël Groenewald - Silwer vir hul Great Balls of Fire aanbieding.
Die Gans-Berg Nuus wens hierdie talentvolle studente van Asanti Smit baie geluk met hulle onderskeie prestasies. Julle het julself lankal reeds bewys - doen so voort!
Hardus Botha

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreCatch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!
This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.
This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.
From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...
Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...
Colleen Knox was a lovely lady who I met at Lighthouse Tavern restaurant which I had purchased in 2008.