Blog

Vrouedag met Skaterlag

Vrouedag met Skaterlag

Gans-Berg Nuus / News

Vrouedag met Skaterlag

“Daar is baie knap vroue, maar jy oortref hulle almal!” Augustus is Vrouemaand - 'n Vrouemaand wat eintlik 'n Vrouejaar behoort te wees. Vrouedag, 9 Augustus 2025, is met 'n verskeidenheid van gesellige, vrolike en selfs skaterlag-geleenthede in Gansbaai gevier, om nie eens na die uitrustings te verwys nie. Ons lesers kan uitsien na ons volgende uitgawe/s vir nog Vrouedag-vieringe vir Augustus as Vrouemaand - die een so gesellig soos die ander een! Lusmaker-voorbeelde is: Soul & Sanctuary Soirée in die Great White House saam met Nianell, Sjef Chris Pead en die L-Gin Female Trio; Uilenkraal-vroue; SAPD-vroue; Pearly Beach vroue en nog ander - beslis berigte om na uit te sien.

Tydens die Vrouedag van die Gasvryheidsbedieninge van die NG-gemeente, het die dames op 'n Skaterlag Vrouedag besluit, met 200+ dames. Die prag-versierde tafels en 'n 'boksie' met sowat 9 verleidelike eetgoed, is deur die gedugte Gasvryheidspan onder leiding van Elcine Hulme voorberei. In die voorportaal het 'winkelpoppe', getooi in die fraaiste uitrustings, die gaste verwelkom. Ds Willie Kotze het die byeenkoms op gepaste wyse geopen, met ds Hanri Joubert wat daarna kostelike stories aan die vroue vertel het, soos net hy dit kan doen. Charlotte Herselman, program-aanbieder, het op haar beurt 'n uiters interessante (humoristiese) praatjie oor die waarde en noodsaaklikheid van 'Lag' gelewer.

Deel van Charlotte se aanbieding was onder andere pryse vir die vrou met die grootste hande, die vrou met die kleinste hande, die jongste vrou, die oudste vrou, asook geluktrekkingskaartjies wat onder sekere stoele geplak was - pryse was daar in oorvloed tydens die byeenkoms.

Een van die hoogtepunte was die uitrustings van die dames wat enigiets snaaks kon wees - en wás daar nie uiterstes van koddige uitrustings nie?! Die 'ingevoerde' Franse Modebaas, Monsieur Foyché, het ongemerk tussen die tafels rondbeweeg en enkele dames, sonder hulle medewete, vooraf beoordeel. Charlotte het die name van die uitgesoekte vroue bekendgemaak, waaruit die Modebaas die eerste drie wenners moes kies - gelukkig het almal van hulle 'n prys ontvang. Die Gans-Berg Nuus het onderneem om nie te meld dat die Franse Modebaas eintlik ds Ben Blom was nie! Nog 'n skaterlag-hoogtepunt was die 'Bebaarde Ballerina' se optrede - 'n optrede wat nie lig vergeet sal word nie. Ds Franna Herselman was die 'Bebaarde Ballerina' - say no more, kyk eerder na die foto! 

Die hoofborge van waarvan die Gans-Berg Nuus een was, die pragtige pryse is spesiaal deur Charlotte uitgelig - “sonder al hierdie pryse wat oorhandig is, kan 'n dag soos hierdie nie ekstra spesiaal en opwindend wees nie,” het sy gesê. Die Gasvryheidsdames het hulself oortref met die reël van 'n suksesvolle Skaterlag Vrouedag.

Hardus Botha

Vrouedag met Skaterlag

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

This week’s edition covers several important local and international stories. 

Gans-Berg News | 27 February 2026

Gans-Berg News | 27 February 2026

This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.

Gans-Berg News | 20 February 2026

Gans-Berg News | 20 February 2026

Here’s what’s making headlines in our latest edition!

Gans-Berg News | 13 February 2026

Gans-Berg News | 13 February 2026

Exciting progress is being made on the new Overstrand Medical Centre, with construction expected to be completed by the end of April...

Gans-Berg News - 6 Feb 2026 Edition

Gans-Berg News - 6 Feb 2026 Edition

Feature on the deep link between wetlands and people in the Nuwejaars Wetlands...