Gans-Berg Nuus / News - 19 June 2026 Edition
The latest edition of Gans-Berg News is out now!
“Daar is baie knap vroue, maar jy oortref hulle almal!” Augustus is Vrouemaand - 'n Vrouemaand wat eintlik 'n Vrouejaar behoort te wees. Vrouedag, 9 Augustus 2025, is met 'n verskeidenheid van gesellige, vrolike en selfs skaterlag-geleenthede in Gansbaai gevier, om nie eens na die uitrustings te verwys nie. Ons lesers kan uitsien na ons volgende uitgawe/s vir nog Vrouedag-vieringe vir Augustus as Vrouemaand - die een so gesellig soos die ander een! Lusmaker-voorbeelde is: Soul & Sanctuary Soirée in die Great White House saam met Nianell, Sjef Chris Pead en die L-Gin Female Trio; Uilenkraal-vroue; SAPD-vroue; Pearly Beach vroue en nog ander - beslis berigte om na uit te sien.
Tydens die Vrouedag van die Gasvryheidsbedieninge van die NG-gemeente, het die dames op 'n Skaterlag Vrouedag besluit, met 200+ dames. Die prag-versierde tafels en 'n 'boksie' met sowat 9 verleidelike eetgoed, is deur die gedugte Gasvryheidspan onder leiding van Elcine Hulme voorberei. In die voorportaal het 'winkelpoppe', getooi in die fraaiste uitrustings, die gaste verwelkom. Ds Willie Kotze het die byeenkoms op gepaste wyse geopen, met ds Hanri Joubert wat daarna kostelike stories aan die vroue vertel het, soos net hy dit kan doen. Charlotte Herselman, program-aanbieder, het op haar beurt 'n uiters interessante (humoristiese) praatjie oor die waarde en noodsaaklikheid van 'Lag' gelewer.
Deel van Charlotte se aanbieding was onder andere pryse vir die vrou met die grootste hande, die vrou met die kleinste hande, die jongste vrou, die oudste vrou, asook geluktrekkingskaartjies wat onder sekere stoele geplak was - pryse was daar in oorvloed tydens die byeenkoms.
Een van die hoogtepunte was die uitrustings van die dames wat enigiets snaaks kon wees - en wás daar nie uiterstes van koddige uitrustings nie?! Die 'ingevoerde' Franse Modebaas, Monsieur Foyché, het ongemerk tussen die tafels rondbeweeg en enkele dames, sonder hulle medewete, vooraf beoordeel. Charlotte het die name van die uitgesoekte vroue bekendgemaak, waaruit die Modebaas die eerste drie wenners moes kies - gelukkig het almal van hulle 'n prys ontvang. Die Gans-Berg Nuus het onderneem om nie te meld dat die Franse Modebaas eintlik ds Ben Blom was nie! Nog 'n skaterlag-hoogtepunt was die 'Bebaarde Ballerina' se optrede - 'n optrede wat nie lig vergeet sal word nie. Ds Franna Herselman was die 'Bebaarde Ballerina' - say no more, kyk eerder na die foto!
Die hoofborge van waarvan die Gans-Berg Nuus een was, die pragtige pryse is spesiaal deur Charlotte uitgelig - “sonder al hierdie pryse wat oorhandig is, kan 'n dag soos hierdie nie ekstra spesiaal en opwindend wees nie,” het sy gesê. Die Gasvryheidsdames het hulself oortref met die reël van 'n suksesvolle Skaterlag Vrouedag.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThe latest edition of Gans-Berg News is out now!
This week's edition features important community news...
This week's edition is packed with local stories from across the Greater Gansbaai area.
This week’s Gans-Berg Nuus / News shares stories that matter to the community.
This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News is packed with community stories, local achievements and important updates.
From community upliftment to local sport and inspiring personal stories, this edition is packed with heartwarming Overstrand news.