Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edit...
Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!
Elna Nel se kunstige Dagboek, 'BOT-NAM Avontuur', is 'n bron van uitstekende inligting, maar ook 'n vreugde om deur te werk. In Deel 3 gaan ons voort met die egpare Fanie en Judy Bothma (Toerleiers) van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha se reis deur Botswana en Namibië (8 Mei tot 27 Junie).
In Deel 3 vertrek hulle op 21 Mei 2025 na Savuti via Chobe Nasionale Park, waar eie storte, toilette en opwasgeriewe in die kampterrein op hulle wag - “en Judy se heerlikste Chinese hoenderbraai met rys!” skryf Elna. Hulle ry weer oor die lang, stukkende bruggie oor die Khwai-rivier met 'n slegte grondpad. 'n Bordjie dui aan: Chobe National Park, en hulle is gelukkig om baie olifante daar te sien. Daarna volg die Mababe Gate, met nog 66km na die Savuti Gate. Na dik sand (4x4's spook!) en 'n sinkplaatpad, ry hulle oor die Savuti-rivier en stop vir piekniek.
Ná die Ghoha-hek, ry hulle deur dik sand wat die vorige sandpad na kinderspeletjies laat lyk, met nog groter uitdagings “waar die 4x4's stoei” om deur te kom en die brandstof wat al minder raak - 2 ure van intense uitdagings. By Kachikau klim hulle op 'n teerpad en aanskou die mooiste natuur-omgewing met kremetart- en akasiabome. Op die A33-roete was daar verligting om brandstof te kon ingooi en hulle ry rustig verder tot in Kasane, waar hulle net buite die dorp in Kazangula kan nesskrop.
Elna skryf dit is pragtig by die Big 5 Chobe Lodge met pragtige bome, tuine, swembad en....WiFi vir boodskappe! Daar maak hulle kennis met Kobus en Johanna Botha van Pretoria - klein wêreldjie. Die volgende oggend (16de dag), ry hulle na Tony's Mobile Safaries waar Fanie vir hulle 'n bootrit bespreek het. Dit is 'n kleinerige boot (6-8 mense) wat verkieslik beter is bo die groot toeristebote aangesien gaste kan versoek dat die skipper ook 'n voëlkenner moet wees. Verder kan die skipper versoek word om te fokus op dit wat die gaste verlang soos die soek vir sekere skaars of besonderse voëls of diere. Die gids en stuurman is Matenga, wat interessante besienswaardighede aan hulle uitwys, asook krokodille wat tot 5-10 meter lank word en sowat 120 jaar oud word. “Die bootrit was absoluut die geld werd,” skryf Elna.
Die volgende dag is hulle weer op die A33, rigting Katima Mulilo. By die Ngoma Border Post kon hulle op die brug stilhou vir foto's, waarna hulle oor die grens Namibië binnery. Sommer gou is hulle by Katima Mulilo en Fanie vertel hulle dat die Zambesi-rivier nou regs van hulle is. Die egpare beleef 'n rustigheid wat Dolf soos volg beskryf: “Die kamplek lê op die oewer van die Zambesi-rivier en dit is moeilik om die plek in woorde te omskryf.” Japie en Chané, wat die kampplek bestuur, wys vir hulle die Namwi eiland en vertel dat dit net die boomtoppe is wat hulle sien, aangesien die eiland heeltemal oorstroom het.
Na 'n onvergeetlike tydjie verken ons Namibië volgende week in Deel 4 verder saam met die egpare op pad na Divundu en Ngepi Camp.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreCatch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!
This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.
This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.
From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...
Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...
Colleen Knox was a lovely lady who I met at Lighthouse Tavern restaurant which I had purchased in 2008.