Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edit...
Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!
Die langverwagte aanstelling in die pos van Areabestuurder - Gansbaai/Stanford, wat intussen gewysig is na Publieke Skakeling: Gansbaai/Stanford - Gemeenskapskakelbeampte, het uiteindelik, lank na mnr. Kat Myburgh se aftrede, gerealiseer.
Te midde van Vrouemaand is Marzaan Middleton met ingang van 11 Augustus 2025 amptelik aangestel as Waarnemende Publieke Skakeling: Gansbaai/Stanford - Gemeenskapskakelbeampte (Public Liaison: Gansbaai/Stanford - Community Liaison Officer) by die Gansbaai Munisipaliteit. Dit is die pos wat voorheen deur mnr. Myburgh, voormalige Areabestuurder, tot en met sy aftrede beklee is. Marzaan sal die pos tot en met 31 Januarie 2026 beklee, waarna dit amptelik geadverteer sal word.
Marzaan is reeds op 1 Februarie 2007 as mnr. Myburgh se sekretaresse aangestel en het sy pligte en verantwoordelikhede tot in die fynste detail bemeester. “Mnr. Myburgh se kantoor, Marzaan Middleton wat praat!” - wie in Gansbaai het nog nooit hierdie bekende woorde, met die vriendelike stem daaragter, gehoor nie? Niemand het destyds kon dink dat die dag sou aanbreek dat iemand anders dit nou van haar sou sê, terwyl sy self nou agter daardie bekende lessenaar ingeskuif het. Marzaan is met Wayne Middleton getroud en die egpaar het twee kinders.
Sy beskik oor talle toekennings en kwalifikasies, waaronder die volgende:
Burgemeesterstoekenning; MFMA (Municipal Finance Management Act) Sertifikaat; Diploma: Public Accountability (Cum Laude); Advanced Diploma: Public Accountability (Cum Laude); Acting Senior Executive Support Officer vir die Direkteur: Gemeenskapsdienste; Oorplasing na Hermanus Kantoor as Administrator: Strategic Support Officer; Long Service Award - 20 jaar; en dit is maar kortliks gemeld!
Die redaksiespan van Gans-Berg Nuus wens Marzaan alle sukses toe met haar aanstelling en vertrou dat sy hierdie verantwoordelikheid volwaardig en met groot sukses sal vervul.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreCatch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!
This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.
This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.
From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...
Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...
Colleen Knox was a lovely lady who I met at Lighthouse Tavern restaurant which I had purchased in 2008.