Blog

Nuwe Gansbaai 'Areabestuurder' tydelik aangestel -Marzaan Middleton-

Nuwe Gansbaai 'Areabestuurder' tydelik aangestel -Marzaan Middleton-

Gans-Berg Nuus / News

Nuwe Gansbaai 'Areabestuurder' tydelik aangestel -Marzaan Middleton-

Die langverwagte aanstelling in die pos van Areabestuurder - Gansbaai/Stanford, wat intussen gewysig is na Publieke Skakeling: Gansbaai/Stanford - Gemeenskapskakelbeampte, het uiteindelik, lank na mnr. Kat Myburgh se aftrede, gerealiseer.

Te midde van Vrouemaand is Marzaan Middleton met ingang van 11 Augustus 2025 amptelik aangestel as Waarnemende Publieke Skakeling: Gansbaai/Stanford - Gemeenskapskakelbeampte (Public Liaison: Gansbaai/Stanford - Community Liaison Officer) by die Gansbaai Munisipaliteit. Dit is die pos wat voorheen deur mnr. Myburgh, voormalige Areabestuurder, tot en met sy aftrede beklee is. Marzaan sal die pos tot en met 31 Januarie 2026 beklee, waarna dit amptelik geadverteer sal word.

Marzaan is reeds op 1 Februarie 2007 as mnr. Myburgh se sekretaresse aangestel en het sy pligte en verantwoordelikhede tot in die fynste detail bemeester. “Mnr. Myburgh se kantoor, Marzaan Middleton wat praat!” - wie in Gansbaai het nog nooit hierdie bekende woorde, met die vriendelike stem daaragter, gehoor nie? Niemand het destyds kon dink dat die dag sou aanbreek dat iemand anders dit nou van haar sou sê, terwyl sy self nou agter daardie bekende lessenaar ingeskuif het. Marzaan is met Wayne Middleton getroud en die egpaar het twee kinders.

Sy beskik oor talle toekennings en kwalifikasies, waaronder die volgende:

Burgemeesterstoekenning; MFMA (Municipal Finance Management Act) Sertifikaat; Diploma: Public Accountability (Cum Laude); Advanced Diploma: Public Accountability (Cum Laude); Acting Senior Executive Support Officer vir die Direkteur: Gemeenskapsdienste; Oorplasing na Hermanus Kantoor as Administrator: Strategic Support Officer; Long Service Award - 20 jaar; en dit is maar kortliks gemeld!

Die redaksiespan van Gans-Berg Nuus wens Marzaan alle sukses toe met haar aanstelling en vertrou dat sy hierdie verantwoordelikheid volwaardig en met groot sukses sal vervul.

Hardus Botha

Nuwe Gansbaai 'Areabestuurder' tydelik aangestel -Marzaan Middleton-

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News - 30 April 2026

Gans-Berg News - 30 April 2026

The latest edition of Gans-Berg Nuus highlights key local stories, community milestones, and upcoming events in the Overberg. 

Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out No...

This week’s edition brings a mix of important community updates, inspiring local stories, and environmental insights!

Gans-Berg News: 3 April 2026 Newspaper

Gans-Berg News: 3 April 2026 Newspaper

Check out our easter newspaper here.

Gans-Berg News - 10 April 2026 Edition

Gans-Berg News - 10 April 2026 Edition

Here’s a quick roundup of this week’s highlights!

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Catch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.