Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edit...
Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!
Kuns het die vermoë om mense se harte aan te raak en hulle op 'n reis te neem sonder dat hulle 'n voet hoef te versit. Hierdie waarheid het ek self beleef by die Creative Expo van die Hugo Naudé Kunssentrum. Dit was nie net 'n uitstalling van kuns nie, maar 'n fees van kleure, kreatiwiteit en inspirasie. Van die oomblik dat ek ingestap het, het ek gevoel asof ek in 'n ander wêreld is - 'n wêreld waar elke muur, tafel en hoekie sy eie storie vertel en die verbeelding laat vlieg.
Die Kunssentrum was asemrowend. Skilderye het soos vensters na ander wêrelde oopgegaan - vol helder kleure, vorms en emosie. Party skilderye het vrolik gelyk, terwyl ander diep gevoelens en gedagtes oorgedra het. Beelde en handgemaakte kunswerke het ongelooflike vaardigheid en geduld getoon. Ek kon sien hoeveel ure, harde werk en toewyding in elke stuk ingesit is. Elke kamer het sy eie atmosfeer gehad: sommige rustig en stylvol, terwyl ander vol energie en beweging gevoel het. Dit het regtig gevoel asof ek deur verskillende wêrelde stap, elkeen met sy eie unieke boodskap.
Die onderwysers van die Hugo Naudé Kunssentrum het met passie verduidelik wat in elke klaskamer gebeur. Hulle het vertel hoe leerders leer, oefen en hul eie stem deur kuns ontdek. Dit het aan al die besoekers 'n beter begrip gegee van die harde werk wat agter elke kunswerk lê. Hul entoesiasme was aansteeklik en het dit vir ons makliker gemaak om die kreatiewe prosesse agter elke stuk te waardeer.
Een van my persoonlike hoogtepunte was om self deel te neem. In die ontwerpklaskamer het ek 'n kans gekry om 'n beursie te maak. Om iets met my eie hande te skep en te sien hoe dit vorm aanneem, was besonders en het my trots laat voel. Nog meer opwindend was die fotografiekamer. Die ruimte was donker, met 'n rooi lig wat 'n geheimnisvolle en byna toorkunsagtige atmosfeer geskep het. Toe ek foto's neem en die lig net op ons geskyn het, het dit regtig gevoel: “Dit is my kans om te skyn!” Dit was 'n ervaring wat ek nie maklik sal vergeet nie.
Die hele dag was 'n viering van talent en kreatiwiteit. Die Creative Expo het nie net my waardering vir kuns verdiep nie, maar het my ook laat voel asof ek deel van iets groter is. Ek het die sentrum verlaat met nuwe bewondering vir die jong kunstenaars, die toewyding van die onderwysers, en die vreugde van 'n dag vol inspirasie en kreatiwiteit.
Die Creative Expo by die Hugo Naudé Kunssentrum het my gewys dat kuns nie net iets is wat jy bekyk nie - dit is iets om te beleef, te voel en selfs te leef. Elke kamer, elke uitstalling en elke projek het bewys dat kreatiwiteit 'n lig in ons lewens kan bring. Hierdie dag van kuns en verbeelding sal vir my altyd bybly as 'n inspirerende en opwindende ervaring.
(Jo-Anne September het Gans-Berg Nuus se 'Maak jou veters vas…met Gans-Berg Nuus', se uitnodiging aanvaar om te reis, te ontdek, te geniet en te beleef, maar ook met ons lesers te deel. Die redaksiespan sien uit na 'n volgende avontuur waar die veters vasgemaak word!)
Jo-Anne September
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreCatch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!
This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.
This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.
From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...
Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...
Colleen Knox was a lovely lady who I met at Lighthouse Tavern restaurant which I had purchased in 2008.