Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)
This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...
Op Vrouedag, 9 Augustus 2025, was die Great White House Restaurant in Kleinbaai 'n warm toevlugsoord vir almal wat sielskos, inspirasie en mooi musiek gesoek het.
Janine Taylor vertel die middag het begin met die L-Gin Craft Gin-vrouetrio, wat gaste betower het met hul unieke handgemaakte gin uit die Elginvallei. “Met elke slukkie het stories en herinneringe gevloei - 'n viering van vroulike kreatiwiteit en passie,” sê sy. Daarna was dit Sjef Chris Pead wat die gehoor verras het met sy vertellings oor hoe musiek en klank 'n gereg kan verander. Hy het gaste laat besef dat kos nie net oor smaak gaan nie, maar ook oor hoe elke sin saamwerk om herinneringe te skep.
Die hoogtepunt het aangebreek - met Nianell op die verhoog en die atmosfeer wat luisterryk verander het. Haar 'engelstem' het harte oopgesluit en soms trane laat vloei. Bekende liedere soos Die Oomblik is Nou, Life Simplified, Who Painted the Moon Black en How Beautiful Love Can Be het soos 'n warm lig oor die gehoor gestraal. Tussen die note deur het sy haar kernboodskap gedeel: Ware liefde begin by jouself en jy is die skepper van jou eie lewe.
Na afloop van die musiek het die kombuis van The Great White House gaste bederf met 'n fees van soet en sout vingerhappies. 'n Groep dames wat saam in 1981 in die Strand matrikuleer het, het hul herdenking terselfdertyd gevier - 'n herinnering dat ware vriendskap ook 'n vorm van liefde is. Janine sê die spesiale Vrouedagvieringe was soos 'n Geskenk vir die Siel.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThis week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...
This week’s edition covers several important local and international stories.
This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.
Here’s what’s making headlines in our latest edition!
Exciting progress is being made on the new Overstrand Medical Centre, with construction expected to be completed by the end of April...
Feature on the deep link between wetlands and people in the Nuwejaars Wetlands...