Gans-Berg Nuus / News - 23 January 2026
This week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...
Op Vrouedag, 9 Augustus 2025, was die Great White House Restaurant in Kleinbaai 'n warm toevlugsoord vir almal wat sielskos, inspirasie en mooi musiek gesoek het.
Janine Taylor vertel die middag het begin met die L-Gin Craft Gin-vrouetrio, wat gaste betower het met hul unieke handgemaakte gin uit die Elginvallei. “Met elke slukkie het stories en herinneringe gevloei - 'n viering van vroulike kreatiwiteit en passie,” sê sy. Daarna was dit Sjef Chris Pead wat die gehoor verras het met sy vertellings oor hoe musiek en klank 'n gereg kan verander. Hy het gaste laat besef dat kos nie net oor smaak gaan nie, maar ook oor hoe elke sin saamwerk om herinneringe te skep.
Die hoogtepunt het aangebreek - met Nianell op die verhoog en die atmosfeer wat luisterryk verander het. Haar 'engelstem' het harte oopgesluit en soms trane laat vloei. Bekende liedere soos Die Oomblik is Nou, Life Simplified, Who Painted the Moon Black en How Beautiful Love Can Be het soos 'n warm lig oor die gehoor gestraal. Tussen die note deur het sy haar kernboodskap gedeel: Ware liefde begin by jouself en jy is die skepper van jou eie lewe.
Na afloop van die musiek het die kombuis van The Great White House gaste bederf met 'n fees van soet en sout vingerhappies. 'n Groep dames wat saam in 1981 in die Strand matrikuleer het, het hul herdenking terselfdertyd gevier - 'n herinnering dat ware vriendskap ook 'n vorm van liefde is. Janine sê die spesiale Vrouedagvieringe was soos 'n Geskenk vir die Siel.
Hardus Botha
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThis week’s edition highlights exceptional 2025 matric results across the Overstrand and Overberg...
The recent edition of Gans-Berg Nuus / News reports on the ongoing wildfire crisis...
The famous Six Gun Grill Trans Agulhas Challenge once again brought adventure to our coastline...
The 2 January 2026 edition of Gans-Berg News covers key environmental, community, and regional developments...
Read the latest Gans-berg News Newspaper here.
Read more in the latest edition of the Gans-berg Nuus.