TV-Reeks 'Platteland toe' se Produksiebestuurder Kuier in Pearly Beach

TV-Reeks 'Platteland toe' se Produksiebestuurder Kuier in Pearly Beach

Gans-Berg Nuus / News

TV-Reeks 'Platteland toe' se Produksiebestuurder Kuier in Pearly Beach - Jacques Groenewald

image left

“Ek kom die Paasnaweek in Pearly Beach kuier,” het Jacques Groenewald, produksiebestuurder en ook 'breinkind' van die TV-program, Platteland toe (VIA DStv-kanaal 147) 'n tyd gelede telefonies laat weet. “Hou asseblief 'n paar Gans-Berg Nuus koerante waar ons en Pearly Beach op die voorblad is vir my tot dan.”

Jacques en sy span het Pearly Beach vroeg in Maart 2022 besoek as een van die plattelandse dorpe waaroor hy 'n TV-reeks gemaak het, genaamd 'Platteland toe'. Gans-Berg Nuus is genooi om te kom kyk wat gebeur tydens die verfilming van die program. (Gans-Berg Nuus, 25 Maart 2022, Voorbladberig: VIA se 'Platteland toe' kuier op Pearly Beach).

Die herontmoeting met Jacques was op Saterdag, 16 April 2022 by die NG-gemeente se basaar in Pearly Beach. Hy het die joernalis en sy eggenote met 'n breë glimlag ingewag. Na gesellige gesprekvoeringe is Jacques trots met die pakkie koerante onder sy arm daar weg. “Ek gaan een van die koerante se voorblad spesiaal laat raam,” het hy gesê. “Net soos dit die afgelope tyd die geval was, moet ons asseblief in kontak met mekaar bly.”

Jacques is 'n ou bekende in Pearly Beach waar hy van kindsbeen af vakansies saam met sy ouers deurgebring het. Hy het besluit om oor die Paasnaweek in Pearly Beach te gaan rus en ontspan. Die res van Jacques se filmspan is Viljé Maritz (Aanbieder) en Leon Barnardt (Kameraman). Pearly Beach is een van die dorpies vir Seisoen 2 van die program, met Gansbaai wat 'n jaar of wat gelede aan die beurt was. 

 
Hardus Botha
TV-Reeks 'Platteland toe' se Produksiebestuurder Kuier in Pearly Beach

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Gans-Berg Nuus / News - 27 March 2026

Catch up on the latest local updates, community news, and important happenings in Gansbaai and surrounding areas.

Gans-Berg News - 20 March 2026

Gans-Berg News - 20 March 2026

This week’s Gans-Berg News shares a vibrant snapshot of the Gansbaai community...

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

Gans-Berg News - 13 March 2026 (Summary)

This week’s edition of Gans-Berg News features several community stories...

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

Gans-Berg Nuus (6 March 2026)

This week’s edition covers several important local and international stories. 

Gans-Berg News | 27 February 2026

Gans-Berg News | 27 February 2026

This edition highlights local heritage, achievements, and community spirit.

Gans-Berg News | 20 February 2026

Gans-Berg News | 20 February 2026

Here’s what’s making headlines in our latest edition!