Gans-Berg Nuus / News - 11 September 2026
This week’s issue brings you local stories from across the community, including Laerskool Gansbaai’s 120th anniversary celebrations...
“Ek kom die Paasnaweek in Pearly Beach kuier,” het Jacques Groenewald, produksiebestuurder en ook 'breinkind' van die TV-program, Platteland toe (VIA DStv-kanaal 147) 'n tyd gelede telefonies laat weet. “Hou asseblief 'n paar Gans-Berg Nuus koerante waar ons en Pearly Beach op die voorblad is vir my tot dan.”
Jacques en sy span het Pearly Beach vroeg in Maart 2022 besoek as een van die plattelandse dorpe waaroor hy 'n TV-reeks gemaak het, genaamd 'Platteland toe'. Gans-Berg Nuus is genooi om te kom kyk wat gebeur tydens die verfilming van die program. (Gans-Berg Nuus, 25 Maart 2022, Voorbladberig: VIA se 'Platteland toe' kuier op Pearly Beach).
Die herontmoeting met Jacques was op Saterdag, 16 April 2022 by die NG-gemeente se basaar in Pearly Beach. Hy het die joernalis en sy eggenote met 'n breë glimlag ingewag. Na gesellige gesprekvoeringe is Jacques trots met die pakkie koerante onder sy arm daar weg. “Ek gaan een van die koerante se voorblad spesiaal laat raam,” het hy gesê. “Net soos dit die afgelope tyd die geval was, moet ons asseblief in kontak met mekaar bly.”
Jacques is 'n ou bekende in Pearly Beach waar hy van kindsbeen af vakansies saam met sy ouers deurgebring het. Hy het besluit om oor die Paasnaweek in Pearly Beach te gaan rus en ontspan. Die res van Jacques se filmspan is Viljé Maritz (Aanbieder) en Leon Barnardt (Kameraman). Pearly Beach is een van die dorpies vir Seisoen 2 van die program, met Gansbaai wat 'n jaar of wat gelede aan die beurt was.
Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThis week’s issue brings you local stories from across the community, including Laerskool Gansbaai’s 120th anniversary celebrations...
Stay up to date with the latest news, stories and happenings from Gansbaai and the surrounding Overberg area.
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is here!
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is out!
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is out!
The latest edition of Gans-Berg News is out now!